Thursday 30 April 2020

Wat verdien jy?



Verskoon as ek hierdie post in Engels gaan doen, maar met hierdie wat ek wil skryf kan
ek beter myself uitdruk in Engels.

What do we deserve from God?  Do we deserve his wrath and judgement?  Let me tell
you what you deserve, does not come from God.

Your own deeds have cause you your failures or troubles. Your actions have chosen what
you will reap at the end.  God cant' choose your actions or your deeds that is up to you to
 choose the right way.

If you are proud you will reap what you have sown.  What do you sow?  Good works by
 looking out for others and help those in need or do you look out for yourself and store
 up your own storehouse.

God straf nie volgens wat ons verdien nie.  Dit is nie wie Hy is nie en nie hoe hy werk nie.
 Ons verdien die dood, maar Jesus het gekom om ons vry te maak van die dood. Nou het
 ons die ewige lewe as ons glo in Hom.

Wat God gee verdien ons nie, maar Hy gee dit omdat Hy Liefde is.

God gee vir ons 'n feesmaal. Hy voorsien in al ons behoeftes.

Hoe meer jy het hoe meer moet jy gee. 

Love others before oneself - Your lifestyle determine your end destination. We don't
 deserve the good things God give us, for the way we are living we don't even give Him
 the thanks He deserve.

God is  merciful, and He treat people better than they deserve. So what does God
deserve  - our Praise.
He wants to change our Character to be like His.



Wednesday 29 April 2020

Hoe ken jy my?




Kom ons vra die vrae vir mekaar? Comment met jou antwoorde of email my met
jou antwoorde, en ek doen dan dieselfde terug.

As ek enige plek kon lewe waar sou dit wees?

Wat is my grootste vrees?

Waar is my gunsteling vakansie plek?

Wat maak my kwaad?

Wat is my gunsteling movie?

Wat is my gunsteling sport?

Watter liedjie sal ek sing op Karoake night?

As ek net een ding kan eet vir die res van my lewe wat sal dit wees?

Wat is my Nickname?

Wat is my stokperdjie?

Wat is my gunsteling dieretuin dier?

Watter waarskuwing label sal ek dra?

Wat was my eerste werk?

Wie ken my die beste?


Tuesday 28 April 2020

Mislukking is nie 'n opsie nie



Voel dit of alles verkeerd loop, of alles om jou misluk?


Vandag maak jy 'n keuse dat mislukking nie in jou pad gaan staan tot sukses nie.


Die eerste leuen wat jy moet los is dat jy 'n mislukking is.
God maak nie foute nie.

Kyk na die groter prent.  Hou jou oog gevestig op Jesus Hy sal die uitkoms vir jou gee.

Vra vir God om jou te help vandag. Plaas jou vertrou volkome op Hom en Hy sal jou
 paaie reguit maak.  Met God kan jy oor begin.

Mense kyk gewoonlik na die uiterlike situasie dan is dit maklik om te wys dat jy 'n
 mislukking gemaak het.  Mense oordeel volgens die uiterlike. God oordeel volgens die
 bedoelens van die hart.

Met Hom aan jou kant is daar nie mislukkings nie net leer geleenthede om die beste persoon
 te word wat Hy jou geskape het om te wees.

Moet nie ander blameer vir jou mislukkings nie. Maak seker wat jy doen wel in God se wil
is vir jou lewe.  Jou eie planne kan jou tot mislukkings lei, maar met God spring jy oor 'n muur.

Moet nie oorhaastige besluite neem nie.  Beplan oorweeg en Bid oor alles. Hy gee om
vir jou toekoms en wat Hy vir jou beplan is voorspoed nie teespoed nie.  Moet jou nie
vergelyk met
 ander nie jou sukses en planne is jou unieke lewe.

Moet nie verskonings maak vir jou mislukkings nie.  Soek raad in God se woord by vriende
wat jy kan vertrou. Jy het altyd weer 'n kans by God.  Moet nie dat twyfel of ongeloof jou
beet pak nie. Mik vir die hoogtes. 

Moet nie kwaad word oor jou mislukkings nie.  Woede gaan nie die probleem oplos nie.
Die vyand sal alles probeer om jou planne in die wiele te ry.  Dan is dit maklik om die leuen
te glo dat jy 'n mislukking is. Glo die Waarheid God maak nie foute nie.

Jy weet jy is nie lui nie en is 'n harde werker.  Jy is ook nie 'n verloorder nie.  Jy vergeet van
wat agter jou is en strek na wat voor is en hardloop met volharding na die wenpaal toe.

Monday 27 April 2020

Wat maak jou gelukkig?



Om gelukkig te wees is 'n ingesteldheid.

Dit begin met 'n keuse. Ek gaan gelukkig wees vandag. Dit is 'n reis, nie 'n bestemming nie.
Dit is om al die klein dingetjies om jou raak te sien.

Jy is gelukkig, wanneer jy vrede het met jou verlede. Jy is optimisties oor jou toekoms
en jy geniet vandag.

Ek is gelukkig,want ek is 'n ma. Ek kan elke dag iets gee vir my kinders.

Lys dinge vir jouself wat jou gelukkig maak en hoekom.

'n Lewe saam met God - Ek het die Ewige Lewe.

My Man - Hy laat my lag.

My Vriende - Hulle is daar vir my.

My gesondheid - Ek kan nog oefen.

My Familie - Hulle het my lief.


Thursday 23 April 2020

NIe alles as vanselfsprekend te aanvaar nie




Hierdie jaar is nou nie soos enige iemand gedink dit gaan wees nie.  Jy beplan jou jaar en
dink nie aan die ergste nie.  Wat kan ons dan dus anders doen volgende jaar dat ons voorbereid
gaan wees op enige iets wat ons pad kom.


1.  Stel my Vertroue in God

Hy ken die toekoms beter as ons, en die enigste ding wat Hy vra is dat ons Hom sal vertrou.
 My planne sal ek so maak om net gevestig te wees om my lewe so te leef dat ek reg is vir die ewigheid.
Hierdie aarde soos ons dit vandag ken is nie ons tuiste nie.

2.  My familie waardeer

Ons vakansies is die jaar een groot gemors.  Jy leef dalk net vir jou vakansies om weg te kom
 te rus. Ons het nou amper 2 Maande vol by die huis gewees met ons familie. Het ons die tyd uitgekoop om ons verhoudings te bou met ons kinders en man/vrou.  Ek gaan werk
om elke dag spesiaal te maak en om iets  nuuts te leer van elke familie lid.

3.  Vriendskappe

Ons het so min tyd om ons vriende te sien. In hierdie lock down tyd het ons agter gekom hoe
 nodig ons vriende het en geselskap.  Maak tyd volgende jaar om jou vriende meer te sien en
afsprake te maak.

4.  Stokperdjies

In hierdie tyd het ek wel agter gekom ek het verskuilde talente.  Om nog steeds volgende
 jaar aandag daaraan te gee en nie as alles weer normaal is, alles vergeet nie.  Nie so te jaag
na alles en so besig te wees dat ons nie stil kan raak en kan dink wat rerig belangrik is in
ons lewe nie.

Wednesday 22 April 2020

10 Maniere om jou lewe makliker te maak




1.  Stel die maand vir jou 'n doelwit. Ek wil meer aktief wees en oefeninge doen.

2.  Drink meer water en minder koffie.

3. Maak seker jy het 'n lekker more roetine.  As jy goed voel oor jou dag kan jou dag dalk
net goed     verloop.

4.  Kyk minder TV. Nou wel dit gaan nie so maklik wees nie, ek dink soos die Tieners van
 hulle fone hou, hou ek van my TV.  Enige raad van ander is welkom hoe ek my verslawing
kan minder maak.

5.  Moenie hunker op negatiewe gedagtes nie.  Lag daaroor draai dit om na positief.

6.  Spandeer tyd saam met die mense wat vir jou belangrik is.

7.  Raak stadiger.  Moet nie alles jaag nie. Geniet die reis.

8. Dink voor jy doen. Praat nadat jy mooi geluister het.

9.  Leef in die oomblik. Vergeet van gister. Vergeet wat nog gedoen moet word, en geniet
elke sekond.

10.  Doen waarvoor jy lief is.  Doen vandag jou stokperdjie.

Tuesday 21 April 2020

Gesonde Grense







Weet vandag waar is jou limiet.  Jy kan net soveel doen en nie meer nie.  Maak tyd vir
jouself.
Luister na jou emosies. Jou liggaam vertel vir jou wanneer dit is om 'n blaaskans te vat. 
Gee jouself vandag toestemming om niks te doen nie.  Leer uit jou foute. As dinge te veel
 raak
bel jou vriende. Praat dinge uit dit help nie jy krop alles binne in nie.

Jy het die reg om goeie keuses te maak.  Leef die keuses uit wat jy maak. Jy weet wat is
 reg en verkeerd.

Die volgende wys vir jouself as jy nie gesonde grense het nie.

1. Jy praat nie as iets jou pla nie.
2. Jy gee te veel van jou tyd.
3. Jy se ja vir alles in plaas van nee.
4. Jy voel skuldig as jy tyd aan jouself gee.
5. Jy dink te veel wat ander van jou dink.

Monday 20 April 2020

Positiewe Eienskappe




1.  Volharding:

God se in sy woord, wat julle nodig het is om te volhard.  In hierdie tye wat ons nou leef,
 moet ons volhard in goed doen. Nie net na ons self kyk nie, maar kyk waar ons ander kan
help in nood.  Om te volhard in ons geloof en weet wie ons dien.  Om te volhard op die weg
wat ons wandel, mits dit die regte een is. Vrae vir God of jy op die regte pad is en jy sal 'n stem
 hoor wat vir jou se watter pad om te volg. 

2. Passie:

Die belangrikste passie in jou lewe moet wees om Jesus se voorbeeld te volg.  Om sy Karakter
 uit te leef.  Om so te leef dat jy die wenpaal gaan haal.  Ons tuiste is nie hier op hierdie aarde nie.  Ons het 'n ewigheid wat vir ons wag.  Leef jy so in die wete dat jy die ewigheid het.  Maak dit jou passie om ander te vertel dat Jesus gaan kom en is jy gereed. Maak dit jou passie om elke dag
 voluit te lewe en die vrug van die Gees in jou lewe te weerspieel.

3. Neem Risiko's

Om uit te staan en anders te wees is 'n groot risiko. Jy kan vriende verloor en jou familie, sit
en maak 'n opsomming oor jou lewe en waar jy is.  Neem 'n waagstap en vertel die een persoon
 dat tyd besig is om uit te stap.  Die wat nie waag nie gaan nie wen nie. 

4. Motiveering:

Wie motiveer jou om iets te doen?  Jou motiveering om goed te doen moet van God kom. 
Wat jy doen doen jy vir Hom en nie vir mense nie. Motiveer jy jou kinders genoeg om stilte
 tyd te maak en saam met God te stap. Motiveer jy positief denke om die mooi in alles raak
te sien en nie die slegte nie.

5. Moed

Ek moedig jou aan vandag om iets te doen vir die Here, wat jy in jou wildste drome nie
 sou gewaag het om te doen nie.  God het vir Joshua gese wees sterk wees dapper.  Jy sal
suksesvol wees in alles wat jy doen. Hy sal jou nooit los nie.

Sunday 19 April 2020

Jou Droom Werk




Almal mis dalk al hulle werk en wil weer terug wees op kantoor.

Hoe lyk jou droom werk?


Ek doen my droom werk en dit is om kinders te leer.  Al is dit nou online wat ons nou
 huidiglik moet doen mis ek die interaksie van die kinders.  Hulle is 'n vreugde in jou lewe
en verryk jou as persoon.


Om te sien hoe gretig kinders is om te leer, en te sien hoe hulle iets reg kry is 'n
groot vreugde.


Daar is uitdagings jy kry 'n kind wat jou karakter slyp.  Jy het 'n groot aandeel in
hulle karakter en hom hulle te slyp vir die groot wereld daar buite.


Daar is 'n doel met elke kind wat jy leer en elke kind wat in jou klas sit.  Eerste leer
 'n mens hulle dat hulle uniek is en tot alles in staat is. 


Ek mis my kinders hulle gesigte hulle lag en praat.

Thursday 16 April 2020

Hoe kry jy meer energie?

 
 
 
In die Lockdown is dit vrek moeilik om energie te kry. Jy is so lui soos twintig en voel
 net lus vir niks nie.
 
Kom ons probeer die week wat kom om so bietjie energie te kry om dinge te doen as net
 om te sit en lui wees.   Die van julle wat nie hier mee sukkel nie, comment met nog idees
wat jy doen.
 
 
Stap 1
 
Staan vroeg op as om lui in die bed te le.
 
 
Stap 2
 
Werk 'n oefen tyd in al stap of draf jy op die plek 'n hele liedjie lank op die spoed van die
 tempo van die liedjie.
 
 
Stap 3
 
Eet vandag een gesonde maal. Ontbyt of Middagete en probeer die week enige ongesonde
 kos uit te sny.
 
 
Stap 4
 
Maak tyd vir jou en doen iets wat jy weet as jy weer gaan werk gaan jy nie tyd daarvoor
kry nie.
 
 
Stap 5
 
Slaap vroeg nie te laat nie. 
 
 
Kom ons kyk of na hierdie stappe ons energie vlakke styg.

Wednesday 15 April 2020

Hoe beskryf mense my?

 
 
 
Die mense wat my liefhet beskryf my so:
 
 
 
As Vrou:  Is ek mooi, ek is altyd daar en sien die positiewe raak.  Daag hom uit om die beste te wees.
 
Sal altyd liefde gee.
 
 
 
As Ma:  Altyd daar om te luister en raad te gee al wil hulle dit nie hoor nie.  Wil net die beste vir hulle he.  Ek gee om vir hulle.
 
 
As Vriendin:  Ek is lojaal. Laat jou lag, sal altyd help as jy iets nodig het.  Stuur altyd gedagtes vir jou wat net vir jou bedoel is.  Bid vir jou.
 
 
As Dogter:  Die een wat seker maak haar ma se karakter word geslyp en daag uit om haar beste te gee.
 
 
As Suster:  Die een wat dalk die pyn is en alles wil reg doen.  Die een wat jou die liefste het.

Tuesday 14 April 2020

As ek een ding vir die wereld kan se .....

 
 
Bewys liefde vir mekaar.
 
 
 
Dit is maklik om gou op jou perdjie te spring.  Te dink jy word nou benadeel.  Dit is nie altyd
maklik om almal eerste te stel, en liefde te bewys nie.
 
 
Maak seker jou beker is vol en kan oorloop van liefde. Jy kan net gee wat jyself besit.  Liefde
 is nie om iemand sleg te behandel nie. Al sien hulle nie dinge soos jy nie. Wil nie altyd na jou
 raad luister nie. Jy word nie maklik geirriteer nie. 
 
 
Jy moet mense so hanteer dat hulle graag by jou wil wees.  Moet nie begeer wat ander het nie.
 Kyk nou jou eie skuur dit is vol seeninge. Moet nie net oor jouself praat en oor jou self spog
 nie. Jy is nie soveel beter as die persoon voor jou nie.
 
 
Liefde is nie ongeskik nie. Jy moet jou so gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou
voel nie. Moet nie net aan jouself dink nie. Moet nie net vir geen rede kwaad word nie.
 As iemand wel iets verkeerd gedoen het moet dit nie teen daardie persoon hou nie.
 
 
Wees lief vir mekaar en wys dit meer as wat jy dit net se.

Monday 13 April 2020

Skryf 'n brief aan jouself 10 jaar van nou af

 
 
Aan Myself
 
 
 
Vandag is ek 52 jaar oud.  Dan hopelik is my kinders uit die huis uit en het al 'n gevestigde
 loopbaan.
 
Jy het goed gevaar as ouer, en as vrou gaan jy nou 'n nuwe tydperk in met jou man.
 
Geniet die lewe moet nie alles so ernstig vat nie. Hou op om jou te bekommer. Jy het tot hier
 gekom.
 
Wees meer lief vir jouself.  Geniet elke oomblik en koester jou vriendinne.
 
 
Ek is nog so aktief soos altyd en kyk goed na my gesondheid.  Ek hou my geestelike lewe op
 dreef.
 
Ek probeer nog elke dag iets nuuts te leer, lees boeke en maak tyd vir myself.
 
 
Ek is nog steeds sexy vir my man en maak hom nog steeds koning van ons huis.  Ek bou
 aan my verhoudings met my kinders en gee hulle raad waar ek nog kan.
 
 
Ek is op 'n beter plek.

Hoe om jou eie sonskyn te skep




  • Tel jou seeninge en nie jou probleme nie.

  • Dit is baie beter om op te kyk.

  • As ons nie meer in staat is om 'n situasie te verander nie, word ons uitgedaag om onsself te verander.
 
  • Vandag is 'n dag wat nooit weer sal kom nie, maak dit 'n wonderlike dag.
 
  • Soek elke dag iets positiefs, selfs al moet jy sommige dae 'n bietjie harder kyk.
 
  • Bly positief, selfs al voel dit of jou lewe uit mekaarval.
 
  • Een klein positiewe gedagte in die oggend kan jou hele dag verander.
 
  • Oefen jou verstand om die goeie in elke situasie te sien.

Thursday 9 April 2020

Paasnaweek

As ek terugdink .....
 
 
Die beste gebeurtenis wat ek kan onthou van paasnaweek, is Kampvergadering.  As jongmens
was dit die kamp wat jy by gaan woon het om nog jongmense te ontmoet.
 
 

Dit het alreeds die Donderdag aand begin jy slaan tent op en hoop nie dit reen al die eerste
aand nie.  Vrydag word jy ses uur wakker gemaak met Christelike musiek en 7 uur moet jy
 reg wees vir oggend manna.  Die dag van lesings volg.
 
 
Saterdag is die Kamp vol dagbesoekers. Jy moet hardloop om goeie sitplek te kry.
 Dit was die plek om almal weer te sien ou gesigte nuwe gesigte. 
 
Sondag was Volleyball dag dan het jy gespeel en gewys jy kan!!  Maandag laaste oggend
 lesing pak op en dan ry jy huis toe. Gevul met krag en moed om alles aan te pak.
 
Dit is herrineringe wat bly.  Wat is jou beste herinnering van Paasnaweek. 

Soul Surfer

Inspirerende Fliek
 
 
Almal het al hierdie fliek gesien.  Wat kan ons leer uit die fliek?
 
 
As Ouer:
 
Om kalm te bly in nood situasies, om die goeie raak te sien in die noodlot.  Om nie alles vir my kinders te doen nie. 
 
 
As slagoffer:
 
Om weer te gaan branderplank ry met een arm. (Ek dink nie so nie).  Dit daag jou uit om rerig
 jouself te ken en te sien of jy nogsteeds jou drome sal najaag as so noodlot jou tref.  Sal jy in as
 gaan sit of opstaan en veg?
 
 
As mededinger:
 
Almal raak kwaad vir haar, maar dit is iemand wat nie jammer vir haar voel nie. Haar nog net druk om beter te doen. 
 
Deel jou inspirerende fliek en wat  jy daaruit kan leer.


Wednesday 8 April 2020

Maak tyd vir jouself

 
 
Geen verskonings, jy het al die tyd nou om aandag aan jouself te gee.
 
 
Gaan kies 'n plek in jou tuin en gaan lees die boek wat jy nog altyd wou gaan lees het.
 
Leer iets nuuts al is dit om iets nuuts te maak, 'n taal, iets wat jy nog nooit probeer het nie nou is dit jou tyd doen dit.
 
Probeer vandag 10 situps doen wees net so bietjie aktief, al wat ons dalk nou doen is eet want ons raak verveeld. Die wat fiks bly deel jou plan en raad met ons.
 
Kies om te lag vandag.  Wees laf dit help vir die stress.  Om nou net daar te sit en jouself te bekommer gaan jou niks uit die sak bring nie.
 
Voor die dag klaar is vat 'n borrelbad met kerse en raak stil. 


Tuesday 7 April 2020

Hoe wil jy onthou word?

Nogal 'n goeie vraag vanoggend.
 
 
 
Vir my man hoop ek ek word onthou as iemand wat vir hom lief was. Wat hom bygestaan
 het en opgebou het. Die klein dingetjies onthou die lag saam die vakansies saam. Alles wat
 ons deel.
 
 
Vir my kinders dat ek nie te kwaai was nie. Dat hulle die lag saam sal onthou. Die ma wat
 daar is as hulle probleme gehad het. Die een wat hulle van God vertel het.
 
 
Vir my familie as die een wat daar was.  Ek wil onthou word vir my liefde my glimlag en
net vir my wees.
 
 
Vir my vriende die een wat altyd reg was vir kattekwaad, die een wat jou laat lag en
lawwe grappies vertel. Die een wat vir jou so bid. 
 
 


Sunday 5 April 2020

Drie Prioriteite vandag

Ons kyk na drie prioriteite vandag.
 
 
1. Goeie Selfbeeld
 
2. Jou Gesondheid
 
3. Jou Gesin
 
 
 
Jou Selfbeeld
 
Aanvaar jouself vandag net soos jy is met jou positiewe en negatiewe karakter punte. Moet nie
hard op jouself wees nie.  Kyk na die verpligtinge wat jy vandag het en doen dit met oorgawe.
 Ware geluk is binne jou bereik en is in jouself. Fokus vandag op die talente wat jy het.
 
 
Jou Gesondheid
 
Eet vandag 'n groot verskeidenheid kosse.  As die kos kaste nou leeg word dan maak 'n punt en
 gaan koop vars groente en vrugte.  Sit jou masker op en bly veilig, as jy jou kos gaan koop.
 Drink genoeg water vandag, veral as ons by die huis is vergeet ons van dit. Ons is nie nou so
 aktief nie en praat dalk nie so baie nie.  Stel jou foon sodat jy elke uur onthou om water te drink.
 
 
Jou Gesin
 
Sien vandag elke gesin se sterkpunt raak. Konsentreer op die positief en nie die negatief nie. Kyk
 na almal met liefde en sien wat is in hulle hart.  Moet nie net na hulle foute kyk nie, help hulle
om ook die beste te wees.  Neem aksie vandag gebruik die tyd om te luister. 

10 Stappe om positief te dink

Positiewe denke

 
Hoe belangrik is positiewe denke?  Dit bepaal hoe jy oor die lewe voel en dink.
 
Met die omstandighede rondom ons, is dit dalk nie so maklik om positewe denke te dink nie.
 
Hoe begin ons om positief te dink. Lees ons meer postiewe materiaal sing ons die regte liedjies, wat is die stappe vir positiewe denke?
 
 
Ons kan kyk na 10 stappe om positief te dink.
 
Stap 1 - Erken die probleem.
 
Jou probleem kan enige iets wees. Die huidiglike probleem is ons is gestrant in ons huise. Kan nie eers skool toe gaan of na ons vriende nie. Fliek en Malls is 'n taboe. Ons erken dit is 'n groot probleem. Nie veel wat ons daaraan kan doen nie, so dit gaan nie help om negatief te wees of negatief te dink nie.
 
Stap 2 - Erken waar negatiewe gedagtes voorkom
 
Dit kan enige iets wees van sosiale Media tot die Tv - Nuus of die koerant.  Ons kan nie net dit nie lees of daarna kyk nie, so die beste is soek vir jou positiewe leefstof en vul jou met dinge wat jy kan verbeter oor jou situasie.
 
Stap 3 - Glimlag meer
 
Lag vir jouself en soek video's wat jou sal laat lag. Dink lawwe grappies uit. Daarna as dit nog steeds moeilik vir jou is laat iemand jou dan kielie. Lag is die beste medisyne.
 
Stap 4 - Vergelyk met niemand
 
Moet nie jouself met iemand vergelyk nie. Nie op sportgebied of akademie of in jou eie huis nie. Jy is uniek en daar is nie twee van jou nie. Geniet jou uniekheid.
 
Stap 5 - Oefen Self -aanvaarding
 
Kyk na jouself en weet dat jy pragtig is. Aanvaar jouself soos jy is.  Maak jouself mooi en onthou die glimlag, niemand kan 'n glimlag weerstaan nie.
 
Stap 6 - Wees buite in die natuur
 
Al is dit nou net in jou agtertuin.  Jy sien dalk so baie projekte wat jy kan doen en jy kan tent opslaan en buite slaap dit kos jou niks.  Kampvuur hou met "marsmallows". Luister wat jy alles kan hoor. Kyk na die wolke en maak prente met die wolke. Sit jou foon af en geniet die natuur.
 
Stap 7 - Skryf jou sterkpunte neer
 
Jy sal verbaas wees dat dit altyd meer is as jou swakpunte. Dit gaan jou dalk net langer vat om aan te dink. Konsentreer meer op jou sterkpunte.
 
Stap 8 - Kyk na goeie verhoudings
 
Enige vriende/inne wat negatief jou beinvloed, dit is dalk nou die tyd om na positiewe verhoudings te kyk. "n Vriend vertel jou die waarheid met liefde.  Sal jou nooit in 'n slegte lig bring nie en net die beste vir jou wil he.
 
Stap 9 - Sluit aan by 'n groep
 
Onthou die groep moet daar wees om jou op te bou. Jou beter te laat voel jou 'n beter mens maak. Die groep moet goeie waardes besit.
 
Stap 10 - Raak aktief
 
Daar is baie dinge om te doen by die huis geen verskonings nie. Om jou liggaam gesond te hou en jou gedagtes is fiksheid 'n prioriteit