Wednesday 22 April 2020

10 Maniere om jou lewe makliker te maak




1.  Stel die maand vir jou 'n doelwit. Ek wil meer aktief wees en oefeninge doen.

2.  Drink meer water en minder koffie.

3. Maak seker jy het 'n lekker more roetine.  As jy goed voel oor jou dag kan jou dag dalk
net goed     verloop.

4.  Kyk minder TV. Nou wel dit gaan nie so maklik wees nie, ek dink soos die Tieners van
 hulle fone hou, hou ek van my TV.  Enige raad van ander is welkom hoe ek my verslawing
kan minder maak.

5.  Moenie hunker op negatiewe gedagtes nie.  Lag daaroor draai dit om na positief.

6.  Spandeer tyd saam met die mense wat vir jou belangrik is.

7.  Raak stadiger.  Moet nie alles jaag nie. Geniet die reis.

8. Dink voor jy doen. Praat nadat jy mooi geluister het.

9.  Leef in die oomblik. Vergeet van gister. Vergeet wat nog gedoen moet word, en geniet
elke sekond.

10.  Doen waarvoor jy lief is.  Doen vandag jou stokperdjie.

No comments:

Post a Comment