Thursday 23 April 2020

NIe alles as vanselfsprekend te aanvaar nie




Hierdie jaar is nou nie soos enige iemand gedink dit gaan wees nie.  Jy beplan jou jaar en
dink nie aan die ergste nie.  Wat kan ons dan dus anders doen volgende jaar dat ons voorbereid
gaan wees op enige iets wat ons pad kom.


1.  Stel my Vertroue in God

Hy ken die toekoms beter as ons, en die enigste ding wat Hy vra is dat ons Hom sal vertrou.
 My planne sal ek so maak om net gevestig te wees om my lewe so te leef dat ek reg is vir die ewigheid.
Hierdie aarde soos ons dit vandag ken is nie ons tuiste nie.

2.  My familie waardeer

Ons vakansies is die jaar een groot gemors.  Jy leef dalk net vir jou vakansies om weg te kom
 te rus. Ons het nou amper 2 Maande vol by die huis gewees met ons familie. Het ons die tyd uitgekoop om ons verhoudings te bou met ons kinders en man/vrou.  Ek gaan werk
om elke dag spesiaal te maak en om iets  nuuts te leer van elke familie lid.

3.  Vriendskappe

Ons het so min tyd om ons vriende te sien. In hierdie lock down tyd het ons agter gekom hoe
 nodig ons vriende het en geselskap.  Maak tyd volgende jaar om jou vriende meer te sien en
afsprake te maak.

4.  Stokperdjies

In hierdie tyd het ek wel agter gekom ek het verskuilde talente.  Om nog steeds volgende
 jaar aandag daaraan te gee en nie as alles weer normaal is, alles vergeet nie.  Nie so te jaag
na alles en so besig te wees dat ons nie stil kan raak en kan dink wat rerig belangrik is in
ons lewe nie.

No comments:

Post a Comment