Monday 27 April 2020

Wat maak jou gelukkig?



Om gelukkig te wees is 'n ingesteldheid.

Dit begin met 'n keuse. Ek gaan gelukkig wees vandag. Dit is 'n reis, nie 'n bestemming nie.
Dit is om al die klein dingetjies om jou raak te sien.

Jy is gelukkig, wanneer jy vrede het met jou verlede. Jy is optimisties oor jou toekoms
en jy geniet vandag.

Ek is gelukkig,want ek is 'n ma. Ek kan elke dag iets gee vir my kinders.

Lys dinge vir jouself wat jou gelukkig maak en hoekom.

'n Lewe saam met God - Ek het die Ewige Lewe.

My Man - Hy laat my lag.

My Vriende - Hulle is daar vir my.

My gesondheid - Ek kan nog oefen.

My Familie - Hulle het my lief.


No comments:

Post a Comment