Sunday 9 May 2021

Hoe om voluit te leef

 Besluit wat vir jou belangrik is:

As God vir jou die belangrikste persoon is, wys dit deur vir Hom te leef. Leef liefde uit. Laat jou woorde wys dat Hy in beheer is van jou lewe.

Neem beheer van jou lewe:

Moet nie dat ander mense jou besluite vir jou maak nie.  Maak die beste van vandag en neem die regte keuses.

Maak tyd vir jou gesin:

Luister vandag na wat hulle vir jou se. Wees gou om te luister en nie gou om te praat of kwaad te word nie.

Leef vir vandag:

Wees daar vir iemand vandag dit kan dalk hulle laaste dag wees. Bel daardie vriendin of vriend.  Daar is net vandag more is te laat.

Wees vriendelik vandag:

Glimlag vir daardie persoon langs jou en spreek woorde van vriendelikheid. Moet nie lelike woorde spreek vandag nie. Dink voordat jy praat. Vra vir God om 'n wag voor jou mond te sit.



1 comment: