Thursday 6 May 2021

Hoe om dinge te laat gaan

 Is daar dinge in jou lewe wat jy aanvas klou? Hoe gemaak om van die verlede se pyn los te maak?

Kry positiewe gedagtes los alle negatiewe gedagtes. Dink positief oor die persoon al is dit hoe moeilik. Skryf postiewe gedagtes neer oor jouself. Kyk positief na die lewe.

Dit is gesond om jou te distansieer van die persoon of die pyn. Kry 'n stil plek waar net jy met God kan gesels oor die seer. Hy is die groot Geneesheer wat alle wonde kan genees.

Werk aan jouself, jy sal nooit die ander persoon kan verander nie. Wees jy'n beter jy ongeag of die ander persoon ooit gaan jammer se.

Rig jou gedagtes na wat daar Bo is, dink aan dinge wat God vandag vir jou wil gee. Hou vas aan al Sy beloftes.

Vergewe jouself. Maak tyd vir huil, maak tyd om met die seer te werk en nie 'n wrok te dra nie.

Kyk na jouself. Eet gesond en doen oefeninge moet nie in moedeloosheid verval nie.

Omring jou met positiewe mense wat jou meer laat lag. Praat met mense oor jou gevoelens moet dit nie opbou binne in jouself nie.




No comments:

Post a Comment