Wednesday 5 May 2021

Present Past Future

 Present time

Jy leef in die nou. Vandag is 'n geskenk wat vir jou gegee is om oor en nuut te begin. Gebruik elke geleentheid vandag om die beste te doen wat jy kan doen.  Moet nie tob oor gister of begin bekommer oor more nie. Leef vir vandag. Sien al die seeninge raak wat daar is vandag.  Lag geniet elke oomblik.

Past

Gister is verby niks kan jy verander nie. Jy kan wel leer, moet nie vandag dieselfde foute maak nie. Moet nie dieselfde reageer op dieselfde situasie nie. Jy gaan weer 'n stadige bestuurder voor jou kry, doen iets anders vandag. Jy gaan dalk weer die selfde frustrasies he, tree anders op en vandag sal beter wees as gister.

Future

More is nie joune nie, jy weet nie eers wat die dag gaan oplewer nie. So wat se die tyd vir ons, beplan vir die dag van more maar moet dit nie vooruit loop nie. Laat more jou verras.  Sien uit daarna met vreugde.



No comments:

Post a Comment