Tuesday 4 May 2021

Lesse wat ek geleer het

 Stap jou eie pad.

Dit help nie om altyd net te volg nie. Neem beheer oor jou eie pad en die keuses wat jy maak.  Vra raad en maak God deel van jou pad. As jy links of regs moet gaan sal daar 'n stem agter jou wees wat vir jou se: Neem die pad.  

Neem die regte besluite.

Die gesegde in engels " follow your gut" is nogal waar, moet nie jouself elke keer onderskat nie.  Jy kan dit doen wat jy jou voorstel om te doen. 

Jy leer uit jou ondervinding.

Jy kan net leer uit jou eie ondervinding nie van iemand anders sin nie. Jy leer uit jou eie foute, daarom moet ons ons kinders leer om maar foute te mag maak. 

Nie alle dinge wat jy wil he is nou nodig nie.

Om te wag is nie altyd maklik nie die lewe het ons geleer om alles dadelik te wil he. God weet altyd die beste in jou lewe. Wees geduldig op sy tydsberekening Hy is nooit laat nie, altyd op tyd.

Moet nooit tou opgooi nie

Probeer elke keer weer, om moedeloos te word is te maklik. Wys vir ander dat jy uithou vermoe het.



No comments:

Post a Comment