Monday 3 May 2021

Waardes

 Elke persoon se waardes verskil wat vir jou belangrik is, is nie noodwendig vir die volgende persoon belangrik nie.

Sekere waardes wat vas staan.

Wees lief vir God en jou medemens.  Stel God eerste in jou lewe en al die ander dinge sal in plek val.

God belowe nie 'n lewe sonder kwellinge nie, maar wel dat Hy saam met jou die pad stap. 

Leer jou kinders respek, as hulle jou respekteer sal hulle ander mense rondom hulle respekteer.

Wees lief vir jouself en kyk na jouself.  Maak tyd vir dit wat belangrik is.

Wees lief vir jou man. Staan hom by in alles wat hy vir jou doen.

Doen elke dag jou beste!





No comments:

Post a Comment