Thursday 30 July 2020

Onsekerheid

Daar is baie dinge wat ons onseker oor is. Ons besluit liewers om na dinge te kyk waarvan ons wel seker is. 1. Ons is seker van God se liefde vir ons. Daar is niks wat dit kan verander nie, niemand kan ons uit Sy hande uit ruk nie. 2. Ons het 'n doel hier op aarde, en dit is om God se wil uit te leef. Dit is om vir ander om te gee en Sy liefde te wys aan ander. 3. Ons kan op die Here vertrou. Kyk terug en sien hoeveel keer die Here voorsien het, hoekom sal Hy nou dit nie doen nie. Hou vas aan die belofte dat God jou nooit sal vergeet of verlaat nie. 4. Ons kan rustig slaap, want ons plaas al ons probleme in Sy hande.Dit gaan niks baat om jouself te bekommer oor die dag van more nie. As God soveel aandag gee aan hoe die veldgras lyk, wat vandag nog groei en more weer dood is, sal Hy mos vir julle ook sorg. Hou dan op om so kleingelowig te wees! Hy sal sorg dat julle genoeg het om aan te trek. 5. Ons kan met sekerheid leef, dat die Here aan ons kant is. Hy gaan ons weer kom haal dit is verseker! Los vandag die onsekerheid en leef met vertroue.

No comments:

Post a Comment