Tuesday 28 April 2020

Mislukking is nie 'n opsie nie



Voel dit of alles verkeerd loop, of alles om jou misluk?


Vandag maak jy 'n keuse dat mislukking nie in jou pad gaan staan tot sukses nie.


Die eerste leuen wat jy moet los is dat jy 'n mislukking is.
God maak nie foute nie.

Kyk na die groter prent.  Hou jou oog gevestig op Jesus Hy sal die uitkoms vir jou gee.

Vra vir God om jou te help vandag. Plaas jou vertrou volkome op Hom en Hy sal jou
 paaie reguit maak.  Met God kan jy oor begin.

Mense kyk gewoonlik na die uiterlike situasie dan is dit maklik om te wys dat jy 'n
 mislukking gemaak het.  Mense oordeel volgens die uiterlike. God oordeel volgens die
 bedoelens van die hart.

Met Hom aan jou kant is daar nie mislukkings nie net leer geleenthede om die beste persoon
 te word wat Hy jou geskape het om te wees.

Moet nie ander blameer vir jou mislukkings nie. Maak seker wat jy doen wel in God se wil
is vir jou lewe.  Jou eie planne kan jou tot mislukkings lei, maar met God spring jy oor 'n muur.

Moet nie oorhaastige besluite neem nie.  Beplan oorweeg en Bid oor alles. Hy gee om
vir jou toekoms en wat Hy vir jou beplan is voorspoed nie teespoed nie.  Moet jou nie
vergelyk met
 ander nie jou sukses en planne is jou unieke lewe.

Moet nie verskonings maak vir jou mislukkings nie.  Soek raad in God se woord by vriende
wat jy kan vertrou. Jy het altyd weer 'n kans by God.  Moet nie dat twyfel of ongeloof jou
beet pak nie. Mik vir die hoogtes. 

Moet nie kwaad word oor jou mislukkings nie.  Woede gaan nie die probleem oplos nie.
Die vyand sal alles probeer om jou planne in die wiele te ry.  Dan is dit maklik om die leuen
te glo dat jy 'n mislukking is. Glo die Waarheid God maak nie foute nie.

Jy weet jy is nie lui nie en is 'n harde werker.  Jy is ook nie 'n verloorder nie.  Jy vergeet van
wat agter jou is en strek na wat voor is en hardloop met volharding na die wenpaal toe.

No comments:

Post a Comment