Tuesday 7 April 2020

Hoe wil jy onthou word?

Nogal 'n goeie vraag vanoggend.
 
 
 
Vir my man hoop ek ek word onthou as iemand wat vir hom lief was. Wat hom bygestaan
 het en opgebou het. Die klein dingetjies onthou die lag saam die vakansies saam. Alles wat
 ons deel.
 
 
Vir my kinders dat ek nie te kwaai was nie. Dat hulle die lag saam sal onthou. Die ma wat
 daar is as hulle probleme gehad het. Die een wat hulle van God vertel het.
 
 
Vir my familie as die een wat daar was.  Ek wil onthou word vir my liefde my glimlag en
net vir my wees.
 
 
Vir my vriende die een wat altyd reg was vir kattekwaad, die een wat jou laat lag en
lawwe grappies vertel. Die een wat vir jou so bid. 
 
 


No comments:

Post a Comment