Sunday 5 April 2020

Drie Prioriteite vandag

Ons kyk na drie prioriteite vandag.
 
 
1. Goeie Selfbeeld
 
2. Jou Gesondheid
 
3. Jou Gesin
 
 
 
Jou Selfbeeld
 
Aanvaar jouself vandag net soos jy is met jou positiewe en negatiewe karakter punte. Moet nie
hard op jouself wees nie.  Kyk na die verpligtinge wat jy vandag het en doen dit met oorgawe.
 Ware geluk is binne jou bereik en is in jouself. Fokus vandag op die talente wat jy het.
 
 
Jou Gesondheid
 
Eet vandag 'n groot verskeidenheid kosse.  As die kos kaste nou leeg word dan maak 'n punt en
 gaan koop vars groente en vrugte.  Sit jou masker op en bly veilig, as jy jou kos gaan koop.
 Drink genoeg water vandag, veral as ons by die huis is vergeet ons van dit. Ons is nie nou so
 aktief nie en praat dalk nie so baie nie.  Stel jou foon sodat jy elke uur onthou om water te drink.
 
 
Jou Gesin
 
Sien vandag elke gesin se sterkpunt raak. Konsentreer op die positief en nie die negatief nie. Kyk
 na almal met liefde en sien wat is in hulle hart.  Moet nie net na hulle foute kyk nie, help hulle
om ook die beste te wees.  Neem aksie vandag gebruik die tyd om te luister. 

No comments:

Post a Comment