Sunday 5 April 2020

10 Stappe om positief te dink

Positiewe denke

 
Hoe belangrik is positiewe denke?  Dit bepaal hoe jy oor die lewe voel en dink.
 
Met die omstandighede rondom ons, is dit dalk nie so maklik om positewe denke te dink nie.
 
Hoe begin ons om positief te dink. Lees ons meer postiewe materiaal sing ons die regte liedjies, wat is die stappe vir positiewe denke?
 
 
Ons kan kyk na 10 stappe om positief te dink.
 
Stap 1 - Erken die probleem.
 
Jou probleem kan enige iets wees. Die huidiglike probleem is ons is gestrant in ons huise. Kan nie eers skool toe gaan of na ons vriende nie. Fliek en Malls is 'n taboe. Ons erken dit is 'n groot probleem. Nie veel wat ons daaraan kan doen nie, so dit gaan nie help om negatief te wees of negatief te dink nie.
 
Stap 2 - Erken waar negatiewe gedagtes voorkom
 
Dit kan enige iets wees van sosiale Media tot die Tv - Nuus of die koerant.  Ons kan nie net dit nie lees of daarna kyk nie, so die beste is soek vir jou positiewe leefstof en vul jou met dinge wat jy kan verbeter oor jou situasie.
 
Stap 3 - Glimlag meer
 
Lag vir jouself en soek video's wat jou sal laat lag. Dink lawwe grappies uit. Daarna as dit nog steeds moeilik vir jou is laat iemand jou dan kielie. Lag is die beste medisyne.
 
Stap 4 - Vergelyk met niemand
 
Moet nie jouself met iemand vergelyk nie. Nie op sportgebied of akademie of in jou eie huis nie. Jy is uniek en daar is nie twee van jou nie. Geniet jou uniekheid.
 
Stap 5 - Oefen Self -aanvaarding
 
Kyk na jouself en weet dat jy pragtig is. Aanvaar jouself soos jy is.  Maak jouself mooi en onthou die glimlag, niemand kan 'n glimlag weerstaan nie.
 
Stap 6 - Wees buite in die natuur
 
Al is dit nou net in jou agtertuin.  Jy sien dalk so baie projekte wat jy kan doen en jy kan tent opslaan en buite slaap dit kos jou niks.  Kampvuur hou met "marsmallows". Luister wat jy alles kan hoor. Kyk na die wolke en maak prente met die wolke. Sit jou foon af en geniet die natuur.
 
Stap 7 - Skryf jou sterkpunte neer
 
Jy sal verbaas wees dat dit altyd meer is as jou swakpunte. Dit gaan jou dalk net langer vat om aan te dink. Konsentreer meer op jou sterkpunte.
 
Stap 8 - Kyk na goeie verhoudings
 
Enige vriende/inne wat negatief jou beinvloed, dit is dalk nou die tyd om na positiewe verhoudings te kyk. "n Vriend vertel jou die waarheid met liefde.  Sal jou nooit in 'n slegte lig bring nie en net die beste vir jou wil he.
 
Stap 9 - Sluit aan by 'n groep
 
Onthou die groep moet daar wees om jou op te bou. Jou beter te laat voel jou 'n beter mens maak. Die groep moet goeie waardes besit.
 
Stap 10 - Raak aktief
 
Daar is baie dinge om te doen by die huis geen verskonings nie. Om jou liggaam gesond te hou en jou gedagtes is fiksheid 'n prioriteit


No comments:

Post a Comment