Wednesday 8 April 2020

Maak tyd vir jouself

 
 
Geen verskonings, jy het al die tyd nou om aandag aan jouself te gee.
 
 
Gaan kies 'n plek in jou tuin en gaan lees die boek wat jy nog altyd wou gaan lees het.
 
Leer iets nuuts al is dit om iets nuuts te maak, 'n taal, iets wat jy nog nooit probeer het nie nou is dit jou tyd doen dit.
 
Probeer vandag 10 situps doen wees net so bietjie aktief, al wat ons dalk nou doen is eet want ons raak verveeld. Die wat fiks bly deel jou plan en raad met ons.
 
Kies om te lag vandag.  Wees laf dit help vir die stress.  Om nou net daar te sit en jouself te bekommer gaan jou niks uit die sak bring nie.
 
Voor die dag klaar is vat 'n borrelbad met kerse en raak stil. 


No comments:

Post a Comment