Tuesday 14 April 2020

As ek een ding vir die wereld kan se .....

 
 
Bewys liefde vir mekaar.
 
 
 
Dit is maklik om gou op jou perdjie te spring.  Te dink jy word nou benadeel.  Dit is nie altyd
maklik om almal eerste te stel, en liefde te bewys nie.
 
 
Maak seker jou beker is vol en kan oorloop van liefde. Jy kan net gee wat jyself besit.  Liefde
 is nie om iemand sleg te behandel nie. Al sien hulle nie dinge soos jy nie. Wil nie altyd na jou
 raad luister nie. Jy word nie maklik geirriteer nie. 
 
 
Jy moet mense so hanteer dat hulle graag by jou wil wees.  Moet nie begeer wat ander het nie.
 Kyk nou jou eie skuur dit is vol seeninge. Moet nie net oor jouself praat en oor jou self spog
 nie. Jy is nie soveel beter as die persoon voor jou nie.
 
 
Liefde is nie ongeskik nie. Jy moet jou so gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou
voel nie. Moet nie net aan jouself dink nie. Moet nie net vir geen rede kwaad word nie.
 As iemand wel iets verkeerd gedoen het moet dit nie teen daardie persoon hou nie.
 
 
Wees lief vir mekaar en wys dit meer as wat jy dit net se.

1 comment: