Monday 13 April 2020

Skryf 'n brief aan jouself 10 jaar van nou af

 
 
Aan Myself
 
 
 
Vandag is ek 52 jaar oud.  Dan hopelik is my kinders uit die huis uit en het al 'n gevestigde
 loopbaan.
 
Jy het goed gevaar as ouer, en as vrou gaan jy nou 'n nuwe tydperk in met jou man.
 
Geniet die lewe moet nie alles so ernstig vat nie. Hou op om jou te bekommer. Jy het tot hier
 gekom.
 
Wees meer lief vir jouself.  Geniet elke oomblik en koester jou vriendinne.
 
 
Ek is nog so aktief soos altyd en kyk goed na my gesondheid.  Ek hou my geestelike lewe op
 dreef.
 
Ek probeer nog elke dag iets nuuts te leer, lees boeke en maak tyd vir myself.
 
 
Ek is nog steeds sexy vir my man en maak hom nog steeds koning van ons huis.  Ek bou
 aan my verhoudings met my kinders en gee hulle raad waar ek nog kan.
 
 
Ek is op 'n beter plek.

No comments:

Post a Comment