Wednesday 15 April 2020

Hoe beskryf mense my?

 
 
 
Die mense wat my liefhet beskryf my so:
 
 
 
As Vrou:  Is ek mooi, ek is altyd daar en sien die positiewe raak.  Daag hom uit om die beste te wees.
 
Sal altyd liefde gee.
 
 
 
As Ma:  Altyd daar om te luister en raad te gee al wil hulle dit nie hoor nie.  Wil net die beste vir hulle he.  Ek gee om vir hulle.
 
 
As Vriendin:  Ek is lojaal. Laat jou lag, sal altyd help as jy iets nodig het.  Stuur altyd gedagtes vir jou wat net vir jou bedoel is.  Bid vir jou.
 
 
As Dogter:  Die een wat seker maak haar ma se karakter word geslyp en daag uit om haar beste te gee.
 
 
As Suster:  Die een wat dalk die pyn is en alles wil reg doen.  Die een wat jou die liefste het.

No comments:

Post a Comment