Monday 20 April 2020

Positiewe Eienskappe




1.  Volharding:

God se in sy woord, wat julle nodig het is om te volhard.  In hierdie tye wat ons nou leef,
 moet ons volhard in goed doen. Nie net na ons self kyk nie, maar kyk waar ons ander kan
help in nood.  Om te volhard in ons geloof en weet wie ons dien.  Om te volhard op die weg
wat ons wandel, mits dit die regte een is. Vrae vir God of jy op die regte pad is en jy sal 'n stem
 hoor wat vir jou se watter pad om te volg. 

2. Passie:

Die belangrikste passie in jou lewe moet wees om Jesus se voorbeeld te volg.  Om sy Karakter
 uit te leef.  Om so te leef dat jy die wenpaal gaan haal.  Ons tuiste is nie hier op hierdie aarde nie.  Ons het 'n ewigheid wat vir ons wag.  Leef jy so in die wete dat jy die ewigheid het.  Maak dit jou passie om ander te vertel dat Jesus gaan kom en is jy gereed. Maak dit jou passie om elke dag
 voluit te lewe en die vrug van die Gees in jou lewe te weerspieel.

3. Neem Risiko's

Om uit te staan en anders te wees is 'n groot risiko. Jy kan vriende verloor en jou familie, sit
en maak 'n opsomming oor jou lewe en waar jy is.  Neem 'n waagstap en vertel die een persoon
 dat tyd besig is om uit te stap.  Die wat nie waag nie gaan nie wen nie. 

4. Motiveering:

Wie motiveer jou om iets te doen?  Jou motiveering om goed te doen moet van God kom. 
Wat jy doen doen jy vir Hom en nie vir mense nie. Motiveer jy jou kinders genoeg om stilte
 tyd te maak en saam met God te stap. Motiveer jy positief denke om die mooi in alles raak
te sien en nie die slegte nie.

5. Moed

Ek moedig jou aan vandag om iets te doen vir die Here, wat jy in jou wildste drome nie
 sou gewaag het om te doen nie.  God het vir Joshua gese wees sterk wees dapper.  Jy sal
suksesvol wees in alles wat jy doen. Hy sal jou nooit los nie.

No comments:

Post a Comment