Thursday 9 April 2020

Paasnaweek

As ek terugdink .....
 
 
Die beste gebeurtenis wat ek kan onthou van paasnaweek, is Kampvergadering.  As jongmens
was dit die kamp wat jy by gaan woon het om nog jongmense te ontmoet.
 
 

Dit het alreeds die Donderdag aand begin jy slaan tent op en hoop nie dit reen al die eerste
aand nie.  Vrydag word jy ses uur wakker gemaak met Christelike musiek en 7 uur moet jy
 reg wees vir oggend manna.  Die dag van lesings volg.
 
 
Saterdag is die Kamp vol dagbesoekers. Jy moet hardloop om goeie sitplek te kry.
 Dit was die plek om almal weer te sien ou gesigte nuwe gesigte. 
 
Sondag was Volleyball dag dan het jy gespeel en gewys jy kan!!  Maandag laaste oggend
 lesing pak op en dan ry jy huis toe. Gevul met krag en moed om alles aan te pak.
 
Dit is herrineringe wat bly.  Wat is jou beste herinnering van Paasnaweek. 

No comments:

Post a Comment