Monday 31 May 2021

As jy kon terug gaan in tyd

 Wat sal jy alles wil verander en anders doen. Wat sal jy van jouself wil verander.

Ek vra die vraag vir my kinders vandag wil julleself bly of iemand anders wees. Altwee antwoord wil hulleself bly.

Wel as jy seker ouer is wil jy iemand anders wees want jy sien soveel foute met jouself. As ek kon terug gaan in tyd, sou ek die lewe nie so ernstig opgevat het nie.

Ek sou rustiger gewees het en nie so kwaai met myself gewees het en ander nie.

As ek terug kyk na my kinders se video's as kind wil ek dinge so anders doen. 'n Mens wonder partykeer sou jy dieselfde foute maak as alles vergete was en jy kon oor begin.

Wel elke dag is 'n nuwe blaadjie in God se dag.  Jy het 'n nuwe dag om Vriendelik te wees en in Sy lig te wandel en die beste Jy te wees wat God jou geskape het om te wees.

Gaan leef Voluit vandag!












Sunday 30 May 2021

Broers en susters

 Jy is familie maar het jou eie geaardheid en kan soos hond en kat baklei. Jy dink altyd die jonger een word voorgetrek. Die jongste een dink heeltyd die ouer een het meer regte.

Julle is mekaar se beste helde. Julle is soos water en vuur. Vriende kan kom en gaan. Maar jou broer en suster is altyd daar vir jou.

Julle weet watter knoppies om te druk. Julle kry mekaar altyd in die moeilikheid maar dit is nooit jy nie. Julle kan met mekaar praat oor enigiets.

Julle kan die beste lesse van mekaar leer. Julle verskil soos dag en nag. Julle het 'n liefde vir mekaar wat niemand anders kan verstaan nie.




Wednesday 26 May 2021

Pa en sy dogter

 Neem haar shopping.  Jy het belangrike lesse om haar daar te leer om nie onnodig te spandeer nie. Om mooi te lyk maar sonder om bankrot te wees.

Dogters kyk op na hulle Pa. Wees die beste rolmodel wat hulle ken. Sodat as hulle 'n man wil he dan weet hulle watter kwaliteite belangrik is. 

Wees die nr. 1 in haar lewe en sy sal leer om God haar nr. 1 te plaas.

Jy is haar bodyguard.  Beskerm haar hart.

Pa wees lief vir jou dogter.



Tuesday 25 May 2021

Wat is 'n Ma?

 'n Ma gee alles vir haar kinders. Sy hou haar kinders se hart vir altyd. Sy wys vir jou die pad. 'n Ma tree nooit af nie. 'n Ma leer jou meer van jouself as enige iemand anders. 'n Ma druk jou altyd om beter te doen want sy weet jy kan. 'n Ma sal altyd daar vir jou wees. 



Monday 24 May 2021

Betekenis van jou naam

 J - hardkoppig. Wel ongelukkig is dit waar.  Ek stamp my kop baie want ek wil dit mos my manier doen.

U - Jy hou nie daarvan om in jou lewe te jaag nie. Jy wil kalm bly en stadigaan doen wat jy doen. Dalk moet ek hierna streef want ek is dit nie ek jaag van punt A na punt B. Kalm die wat my ken gaan nou baie lekker lag.

A - ek is 'n redelike persoon sal na jou luister voordat ek 'n besluit maak. Moet net nie my vertrou breek nie.

N - ek het 'n goeie gesonde verstand en 'n hoër vermoë in die lewe. Ek sien dinge baie voordat hulle gebeur.

I - My hart kan maklik gebreek word. Daarom is ek versigtig wie ek vertrou.

T - Dit is moeilik om my gevoelens uit te druk. Jy sal in my gesig sien ek is nou baie kwaad maar sal moeilik die emosie verwoord sal liewer sommer kwaai terug wees.

A - ek wil altyd die lewe ontleed.

Die voornaam van Juanita skep 'n dubbele aard, enersyds begeer u verandering en uiteenlopende ervarings om eentonigheid te vermy, en tog is u ingestel op stelsel, orde en aandag aan detail.

U kan 'n plakker vir detail wees, en baie kieskeurig en besonders.

Hierdie naam maak u nuuskierig en wetenskaplik in u lewensbenadering, en vereis dat alles bewys moet word om u skeptisisme te bevredig.

U kan baie analities, veeleisend en geduldig wees in u ondernemings totdat u belangstelling uitgeput is, en dan gaan u oor na iets anders, alhoewel dit beteken dat u ondernemings onvoltooid is.

baie waar van myself.  Stuur jou naam in die comment of per email en ek gee vir jou uitleg van jou naam.



Sunday 23 May 2021

Wees dankbaar

 Wees dankbaar oor jou lewe vandag. Wees bly jy kan asem haal. Jy kan sien en hoor. Wees dankbaar waar jy nou in die lewe is.  Jy is daar vir 'n rede waar jy geplaas is. Blom waar jy geplant is.

Wees dankbaar vir jou vriende. Hulle is daar om jou te bemoedig en jou te help. Wees dankbaar vir jou kinders. Sonder hulle sou jou lewe leeg gewees het.

Wees dankbaar vir jou goeie eienskappe. Gebruik dit om ander te seen. Wees dankbaar en glimlag vandag en leef voluit!!!




Thursday 20 May 2021

Goeie eienskappe

Inisiatief is die vermoë om te doen wat gedoen moet word voordat iemand jou kan vra om dit te doen.

Wens ons kinders het meer van dit gehad. Hoeveel van ons ma's moet heeltyd vra om 'n ding te doen en gee dan moed op en doen dit self.  

Wees bereid om te leer vandag. Kyk uit by wie jy vandag iets kan leer, al is dit by jou kinders. Dalk om meer te lag en die lewe nie so gestress te vat nie. Want dit wil vir my voorkom kinders stres nie.

Wees aanpasbaar vir verandering.  Ek is 'n lysie mens en ooo aarde ek raak maklik geirriteerd as dinge nie gaan volgens my lysie nie.  'n Eienskap wat ek moet aan werk, om meer aanpasbaar te wees.

Vertrou God. Hy het al die antwoorde. Hy hou jou vas in Sy hand. Alles sal uitwerk soos dit moet.

Wees optimisties. Moet nie altyd die ergste verwag nie. Dink positief vandag en geniet vandag.



Wednesday 19 May 2021

Leef so om komplimente te ontvang

 Wees die persoon wat almal mee saam wil wees. Praat opbouend en moet nie afbreek nie. Moet nie iemand anders probeer wees nie. Jy is Uniek jou eie persoon.

Glimlag. Wees daar om te help en nie altyd alles te verwag nie. Bring die beste uit ander mense en moet nie net aan jouself dink nie.

Maak iemand se dag deur 'n kompliment aan daardie persoon te gee. Leef so dat ander jou voorbeeld wil volg.




Tuesday 18 May 2021

Goeie karakter eienskappe

1.  Dink altyd positief. Los alle negatiewe gedagtes.

2. Wees lief vir jou gesin en as jy tyd saam met hulle spandeer wees in die oomblik en gee hulle volle aandag.

3. Bel jou vriend/in vandag en bemoedig daardie vriend/in sy/hy het dit dalk net nodig vandag.

4. Leef Voluit vir die lewe. Gryp elke geleentheid aan.

5. Wees leerbaar moet nie dink jy weet klaar alles nie.

6. Werk hard. Werk asof jy vir die Here werk en nie vir jou baas nie. As jy die baas is hanteer jou werkers soos die Here sal.

7. Wees vasberade dat jy 'n sukses sal maak in alles wat jy aanpak.

8. Wees buigsaam. Alles hoef nie reg te wees volgens jou prentjie nie, gee geleentheid om deur ander se oe te sien wat jy kan verander.

9. Wees vriendelik vandag. Dit is maklik om iemand sleg te se. Om die regte woord te spreek op die regte tyd is kosbaar.

10. Wees dankbaar. Alles wat jy het is 'n geskenk van Bo.



Monday 17 May 2021

Goeie gewoontes

 'n Goeie gewoonte is om geld te spaar, in die tye wat ons nou leef. Ons weet nie wat die toekoms in hou nie. Nog 'n Lock down het jy geld om nog een te hanteer.  

Wel nou is die tyd om jou vas te maak aan beloftes. 

Moet jou nie bekommer oor die dag van more nie.  God ken jou behoeftes en weet wat jy nodig het. Hy het belowe om vir jou te sorg.  

Luister na sy stem en leer by Hom.  Lees Sy woord en maak dit jou eie. Geld kan vergaan jou werk is dalk nie meer verseker nie. Een ding bly God en sy goedheid.

Ondersoek jou lewe wat is vir jou belangrik.  Ons moet gelukkig word die wat uitsien na sy Koms.  Al hierdie dinge moet gebeur. Leef vir die ewigheid en nie vir nou nie. Vergeet die sorge van die Wereld en leef vir Sy koningkryk.

Hy kan jou probleme oplos. Los dit by sy voete en vertrou. Gee jou hart vir die Here en laat Hy dit skoon maak van enige vrese en sorge.

LEEF VREESLOOS!!!



Thursday 13 May 2021

My passie om ander te leer

 Wat is jou passie in die lewe? Hoekom staan jy op in die oggend. Het die lewe net gegaan om te bestaan en net om te lewe. Het jy jou passie verloor?

Vind weer jou passie in die lewe.

Myne is om ander te leer.  Dit is 'n uitdaging om kinders te leer wat se leer vermoe deur iets soos ADD en ADHD en Disleksie gepooitjie word.  Die feit is die hulle kan leer en goed doen, hulle leer net anders werk net anders. Dit is my passie om ander verkeerd te wys wat hierdie kinders verkeerd label.

Almal het 'n kans in die lewe tot sukses. Jou passie is die doel waarvoor jy leef. Leef jou passie uit en jy sal gelukkig wees.



Wednesday 12 May 2021

Hoe belangrik is jou gesin?

Gesinne is daar om mekaar te ondersteun. Dit is waar jy net jy kan wees. Geen voorgee nie. Dit is waar julle mekaar moet aanvaar met mekaar se foute.  Vergewe mekaar en bewys liefde aan mekaar.

Jou gesin is waar jy veilig kan voel. Dit is waar jy weet "someone has your back". Nie een van jou gesinslede sal jou in die rug steek nie.

Ons behoort in ons gesin. Ons sal nie gelukkig wees in 'n ander nie. Jy het 'n unieke gesin wat God vir jou gegee het met 'n doel om hulle die beste weergawe van hulleself te maak.

Jy is nooit alleen nie. Jou gesin is daar om jou te help as jy in die moeilikheid is. Jou gesin leer vir jou waardes. Jou gesin help jou om die regte keuses te maak en is nie te hard op jou as jy 'n fout maak nie.



Tuesday 11 May 2021

Wat vertel jy jouself vandag?

 As jy met jouself gesels en dinge vir jouself se, is dit baie kere negatief.  Hoeveel keer praat jy sag met jouself, of is dit elke keer dat jy jou herrinner aan jou foute wat jy maak. 

Meeste van die tyd glo jy die negatief en plaas van die positiewe.

Vandag se die volgende vir jouself:

Ek kan goeie keuses maak.

Vat vandag rustig en vat asem.

Glimlag vir jouself.

As jy 'n fout maak LAG daaroor.

Wees bly jy is jy. Jy is Uniek



Sunday 9 May 2021

Hoe om voluit te leef

 Besluit wat vir jou belangrik is:

As God vir jou die belangrikste persoon is, wys dit deur vir Hom te leef. Leef liefde uit. Laat jou woorde wys dat Hy in beheer is van jou lewe.

Neem beheer van jou lewe:

Moet nie dat ander mense jou besluite vir jou maak nie.  Maak die beste van vandag en neem die regte keuses.

Maak tyd vir jou gesin:

Luister vandag na wat hulle vir jou se. Wees gou om te luister en nie gou om te praat of kwaad te word nie.

Leef vir vandag:

Wees daar vir iemand vandag dit kan dalk hulle laaste dag wees. Bel daardie vriendin of vriend.  Daar is net vandag more is te laat.

Wees vriendelik vandag:

Glimlag vir daardie persoon langs jou en spreek woorde van vriendelikheid. Moet nie lelike woorde spreek vandag nie. Dink voordat jy praat. Vra vir God om 'n wag voor jou mond te sit.



Thursday 6 May 2021

Hoe om dinge te laat gaan

 Is daar dinge in jou lewe wat jy aanvas klou? Hoe gemaak om van die verlede se pyn los te maak?

Kry positiewe gedagtes los alle negatiewe gedagtes. Dink positief oor die persoon al is dit hoe moeilik. Skryf postiewe gedagtes neer oor jouself. Kyk positief na die lewe.

Dit is gesond om jou te distansieer van die persoon of die pyn. Kry 'n stil plek waar net jy met God kan gesels oor die seer. Hy is die groot Geneesheer wat alle wonde kan genees.

Werk aan jouself, jy sal nooit die ander persoon kan verander nie. Wees jy'n beter jy ongeag of die ander persoon ooit gaan jammer se.

Rig jou gedagtes na wat daar Bo is, dink aan dinge wat God vandag vir jou wil gee. Hou vas aan al Sy beloftes.

Vergewe jouself. Maak tyd vir huil, maak tyd om met die seer te werk en nie 'n wrok te dra nie.

Kyk na jouself. Eet gesond en doen oefeninge moet nie in moedeloosheid verval nie.

Omring jou met positiewe mense wat jou meer laat lag. Praat met mense oor jou gevoelens moet dit nie opbou binne in jouself nie.




Wednesday 5 May 2021

Present Past Future

 Present time

Jy leef in die nou. Vandag is 'n geskenk wat vir jou gegee is om oor en nuut te begin. Gebruik elke geleentheid vandag om die beste te doen wat jy kan doen.  Moet nie tob oor gister of begin bekommer oor more nie. Leef vir vandag. Sien al die seeninge raak wat daar is vandag.  Lag geniet elke oomblik.

Past

Gister is verby niks kan jy verander nie. Jy kan wel leer, moet nie vandag dieselfde foute maak nie. Moet nie dieselfde reageer op dieselfde situasie nie. Jy gaan weer 'n stadige bestuurder voor jou kry, doen iets anders vandag. Jy gaan dalk weer die selfde frustrasies he, tree anders op en vandag sal beter wees as gister.

Future

More is nie joune nie, jy weet nie eers wat die dag gaan oplewer nie. So wat se die tyd vir ons, beplan vir die dag van more maar moet dit nie vooruit loop nie. Laat more jou verras.  Sien uit daarna met vreugde.



Tuesday 4 May 2021

Lesse wat ek geleer het

 Stap jou eie pad.

Dit help nie om altyd net te volg nie. Neem beheer oor jou eie pad en die keuses wat jy maak.  Vra raad en maak God deel van jou pad. As jy links of regs moet gaan sal daar 'n stem agter jou wees wat vir jou se: Neem die pad.  

Neem die regte besluite.

Die gesegde in engels " follow your gut" is nogal waar, moet nie jouself elke keer onderskat nie.  Jy kan dit doen wat jy jou voorstel om te doen. 

Jy leer uit jou ondervinding.

Jy kan net leer uit jou eie ondervinding nie van iemand anders sin nie. Jy leer uit jou eie foute, daarom moet ons ons kinders leer om maar foute te mag maak. 

Nie alle dinge wat jy wil he is nou nodig nie.

Om te wag is nie altyd maklik nie die lewe het ons geleer om alles dadelik te wil he. God weet altyd die beste in jou lewe. Wees geduldig op sy tydsberekening Hy is nooit laat nie, altyd op tyd.

Moet nooit tou opgooi nie

Probeer elke keer weer, om moedeloos te word is te maklik. Wys vir ander dat jy uithou vermoe het.



Monday 3 May 2021

Waardes

 Elke persoon se waardes verskil wat vir jou belangrik is, is nie noodwendig vir die volgende persoon belangrik nie.

Sekere waardes wat vas staan.

Wees lief vir God en jou medemens.  Stel God eerste in jou lewe en al die ander dinge sal in plek val.

God belowe nie 'n lewe sonder kwellinge nie, maar wel dat Hy saam met jou die pad stap. 

Leer jou kinders respek, as hulle jou respekteer sal hulle ander mense rondom hulle respekteer.

Wees lief vir jouself en kyk na jouself.  Maak tyd vir dit wat belangrik is.

Wees lief vir jou man. Staan hom by in alles wat hy vir jou doen.

Doen elke dag jou beste!