Thursday 20 May 2021

Goeie eienskappe

Inisiatief is die vermoƫ om te doen wat gedoen moet word voordat iemand jou kan vra om dit te doen.

Wens ons kinders het meer van dit gehad. Hoeveel van ons ma's moet heeltyd vra om 'n ding te doen en gee dan moed op en doen dit self.  

Wees bereid om te leer vandag. Kyk uit by wie jy vandag iets kan leer, al is dit by jou kinders. Dalk om meer te lag en die lewe nie so gestress te vat nie. Want dit wil vir my voorkom kinders stres nie.

Wees aanpasbaar vir verandering.  Ek is 'n lysie mens en ooo aarde ek raak maklik geirriteerd as dinge nie gaan volgens my lysie nie.  'n Eienskap wat ek moet aan werk, om meer aanpasbaar te wees.

Vertrou God. Hy het al die antwoorde. Hy hou jou vas in Sy hand. Alles sal uitwerk soos dit moet.

Wees optimisties. Moet nie altyd die ergste verwag nie. Dink positief vandag en geniet vandag.



No comments:

Post a Comment