Sunday 30 May 2021

Broers en susters

 Jy is familie maar het jou eie geaardheid en kan soos hond en kat baklei. Jy dink altyd die jonger een word voorgetrek. Die jongste een dink heeltyd die ouer een het meer regte.

Julle is mekaar se beste helde. Julle is soos water en vuur. Vriende kan kom en gaan. Maar jou broer en suster is altyd daar vir jou.

Julle weet watter knoppies om te druk. Julle kry mekaar altyd in die moeilikheid maar dit is nooit jy nie. Julle kan met mekaar praat oor enigiets.

Julle kan die beste lesse van mekaar leer. Julle verskil soos dag en nag. Julle het 'n liefde vir mekaar wat niemand anders kan verstaan nie.




No comments:

Post a Comment