Monday 31 May 2021

As jy kon terug gaan in tyd

 Wat sal jy alles wil verander en anders doen. Wat sal jy van jouself wil verander.

Ek vra die vraag vir my kinders vandag wil julleself bly of iemand anders wees. Altwee antwoord wil hulleself bly.

Wel as jy seker ouer is wil jy iemand anders wees want jy sien soveel foute met jouself. As ek kon terug gaan in tyd, sou ek die lewe nie so ernstig opgevat het nie.

Ek sou rustiger gewees het en nie so kwaai met myself gewees het en ander nie.

As ek terug kyk na my kinders se video's as kind wil ek dinge so anders doen. 'n Mens wonder partykeer sou jy dieselfde foute maak as alles vergete was en jy kon oor begin.

Wel elke dag is 'n nuwe blaadjie in God se dag.  Jy het 'n nuwe dag om Vriendelik te wees en in Sy lig te wandel en die beste Jy te wees wat God jou geskape het om te wees.

Gaan leef Voluit vandag!












No comments:

Post a Comment