Monday 24 May 2021

Betekenis van jou naam

 J - hardkoppig. Wel ongelukkig is dit waar.  Ek stamp my kop baie want ek wil dit mos my manier doen.

U - Jy hou nie daarvan om in jou lewe te jaag nie. Jy wil kalm bly en stadigaan doen wat jy doen. Dalk moet ek hierna streef want ek is dit nie ek jaag van punt A na punt B. Kalm die wat my ken gaan nou baie lekker lag.

A - ek is 'n redelike persoon sal na jou luister voordat ek 'n besluit maak. Moet net nie my vertrou breek nie.

N - ek het 'n goeie gesonde verstand en 'n hoër vermoë in die lewe. Ek sien dinge baie voordat hulle gebeur.

I - My hart kan maklik gebreek word. Daarom is ek versigtig wie ek vertrou.

T - Dit is moeilik om my gevoelens uit te druk. Jy sal in my gesig sien ek is nou baie kwaad maar sal moeilik die emosie verwoord sal liewer sommer kwaai terug wees.

A - ek wil altyd die lewe ontleed.

Die voornaam van Juanita skep 'n dubbele aard, enersyds begeer u verandering en uiteenlopende ervarings om eentonigheid te vermy, en tog is u ingestel op stelsel, orde en aandag aan detail.

U kan 'n plakker vir detail wees, en baie kieskeurig en besonders.

Hierdie naam maak u nuuskierig en wetenskaplik in u lewensbenadering, en vereis dat alles bewys moet word om u skeptisisme te bevredig.

U kan baie analities, veeleisend en geduldig wees in u ondernemings totdat u belangstelling uitgeput is, en dan gaan u oor na iets anders, alhoewel dit beteken dat u ondernemings onvoltooid is.

baie waar van myself.  Stuur jou naam in die comment of per email en ek gee vir jou uitleg van jou naam.



No comments:

Post a Comment