Wednesday 12 May 2021

Hoe belangrik is jou gesin?

Gesinne is daar om mekaar te ondersteun. Dit is waar jy net jy kan wees. Geen voorgee nie. Dit is waar julle mekaar moet aanvaar met mekaar se foute.  Vergewe mekaar en bewys liefde aan mekaar.

Jou gesin is waar jy veilig kan voel. Dit is waar jy weet "someone has your back". Nie een van jou gesinslede sal jou in die rug steek nie.

Ons behoort in ons gesin. Ons sal nie gelukkig wees in 'n ander nie. Jy het 'n unieke gesin wat God vir jou gegee het met 'n doel om hulle die beste weergawe van hulleself te maak.

Jy is nooit alleen nie. Jou gesin is daar om jou te help as jy in die moeilikheid is. Jou gesin leer vir jou waardes. Jou gesin help jou om die regte keuses te maak en is nie te hard op jou as jy 'n fout maak nie.



No comments:

Post a Comment