Monday 17 May 2021

Goeie gewoontes

 'n Goeie gewoonte is om geld te spaar, in die tye wat ons nou leef. Ons weet nie wat die toekoms in hou nie. Nog 'n Lock down het jy geld om nog een te hanteer.  

Wel nou is die tyd om jou vas te maak aan beloftes. 

Moet jou nie bekommer oor die dag van more nie.  God ken jou behoeftes en weet wat jy nodig het. Hy het belowe om vir jou te sorg.  

Luister na sy stem en leer by Hom.  Lees Sy woord en maak dit jou eie. Geld kan vergaan jou werk is dalk nie meer verseker nie. Een ding bly God en sy goedheid.

Ondersoek jou lewe wat is vir jou belangrik.  Ons moet gelukkig word die wat uitsien na sy Koms.  Al hierdie dinge moet gebeur. Leef vir die ewigheid en nie vir nou nie. Vergeet die sorge van die Wereld en leef vir Sy koningkryk.

Hy kan jou probleme oplos. Los dit by sy voete en vertrou. Gee jou hart vir die Here en laat Hy dit skoon maak van enige vrese en sorge.

LEEF VREESLOOS!!!



1 comment: