Tuesday 18 May 2021

Goeie karakter eienskappe

1.  Dink altyd positief. Los alle negatiewe gedagtes.

2. Wees lief vir jou gesin en as jy tyd saam met hulle spandeer wees in die oomblik en gee hulle volle aandag.

3. Bel jou vriend/in vandag en bemoedig daardie vriend/in sy/hy het dit dalk net nodig vandag.

4. Leef Voluit vir die lewe. Gryp elke geleentheid aan.

5. Wees leerbaar moet nie dink jy weet klaar alles nie.

6. Werk hard. Werk asof jy vir die Here werk en nie vir jou baas nie. As jy die baas is hanteer jou werkers soos die Here sal.

7. Wees vasberade dat jy 'n sukses sal maak in alles wat jy aanpak.

8. Wees buigsaam. Alles hoef nie reg te wees volgens jou prentjie nie, gee geleentheid om deur ander se oe te sien wat jy kan verander.

9. Wees vriendelik vandag. Dit is maklik om iemand sleg te se. Om die regte woord te spreek op die regte tyd is kosbaar.

10. Wees dankbaar. Alles wat jy het is 'n geskenk van Bo.



No comments:

Post a Comment