Monday 28 February 2022

Kampioen

 Ek het so hard probeer om dit te sien

Het my so lank geneem om dit te glo

Dat U iemand soos ek sou kies

Om U oorwinning te dra


Perfeksie kon dit nooit verdien nie

U gee wat ons nie verdien nie en

U vat die stukkende goed

En verhef hulle tot heerlikheid


U is my Kampioen

Reuse val wanneer U staan

Onoorwonne

Elke stryd wat U gewen het

Ek is wie U sê ek is

U kroon my met selfvertroue

Ek sit

In die Hemelse plek

Onoorwonne

Met die Een wat dit alles oorwin het


Nou kan ek dit uiteindelik sien

U leer my hoe om dit te ontvang

So laat al die strewe ophou, o-o

Dit is my oorwinning




Sunday 27 February 2022

Hoe om te werk aan jou swakhede?

 Ons het almal swakhede, maar hoe verbeter ons dit?

Bly kalm alles gebeur nie oornag nie. Jy gaan nie een oggend opstaan en al jou swakhede gaan verdwyn nie. Dit sou lekker gewees het.

Maar in die proses sou jy niks van jouself geleer het nie. Jy leer as jy daaraan werk om te verbeter.

Kyk buite jouself. Moet nie net op jou swakhede konsentreer nie. Kyk na die Een wat jou swakhede kan verander om jou as 'n beter mens te maak.

Neem een swakheid 'n dag en werk aan dit tot dat jy 'n verskil sien in jouself. Moet nie te hard op jouself wees nie. Ons is geneig om ons grootste vyand te wees.



Thursday 24 February 2022

Wat ander van jou sal onthou?

 Al ooit gedink aan die vraag, wat wil jy he ander moet van jou onthou as jy nie meer daar is nie.

Gaan hulle jou onthou as die persoon wat die beste uit hulle gebring het?  Gaan hulle jou mis?

Leef jy so dat jy 'n goeie getuigskrif agter laat of so lewe dat ander soos jy wil wees?

Skryf jou eie getuigskrif.  So hoop ek myne sal eendag lees;

'n Kind van God wat God eerste gestel het in haar lewe en 'n lewe geleef het wat toegewyd was aan Hom.

"n Vrou wat alles gegee het vir haar man en liefde bewys het.

"n Ma wat net die beste vir haar kinders wil he en laat hulle, hulle doelwitte kan bereik.

'n Dogter wat haar ma trots maak.

"n Vriendin wat daar was vir jou as jy haar nodig het.

'n Onderwyser wat net die beste uit haar skool kinders wil bring en sien dat hulle sukses behaal in alles wat hulle aanpak.



Wednesday 23 February 2022

Jou Persoonlikheid

 Dit is nogal interresant om te gaan kyk watter dier pas by jy persoonlikheid.

Ek is mal oor Panda Bere en as ek kyk na die persoonlikheid wat pas by daardie bere dan is dit nogal hoe ek is.  Want ek druk persone om hulle potensiaal te bereik. Ek hou nie maklik op nie en hou daarvan om mense verkeerd te bewys.

Wel volgens my persoonlikheid wat ESTJ is pas die leeu by my.

My kinders sal heeltemal saamstem.  Want ma brul die hardste.  Kom af op die prooi met 'n spoed en verslind wat voor kom. Dit sal hulle beskrywing wees.

'n Leeu is 'n gebore leier, wat ek wel is.  Hulle is lojaal, wat ek wel ook is.  So ek sien myself as 'n mengelmoes van panda en leeu.

Gaan kyk 'n bietjie waar pas jy in en of hulle reg is? Kyk ook gerus na jou hele gesin se persoonlikheid.



Tuesday 22 February 2022

Jou gedagtes

 Jou gedagtes bepaal wat jy die dag gaan doen. Negatiewe gedagtes bring mee dat jy moedeloos is nog voordat jy begin het.

Positiewe gedagtes is jy lus vir die dag en pak jy die dag aan met alles wat jy het.

Wat en wie is in jou gedagtes? God moet jou manier van dink verander. As ons, ons gedagtes vul met dinge van die wereld vestig ons nie op dit wat God vir ons wil he nie.

Hy wil die beste vir jou he, so moet ons ook dan in ons gedagtes die beste wil bereik.

Dink Positief vandag en laat jou gedagtes alleenlik bly op dinge wat mense opbou en wat jouself 'n beter mens maak.



Monday 21 February 2022

Hoe lojaal is jy?

 Dit is maklik vandag om so besig te word dat jy vergeet van jou vriende.

Jy bel dalk nie eers meer so baie nie dit is mos nou maklik ons stuur net gou 'n boodskap en dan is jy tevrede.  Hoe voel die ander persoon?

Ons is gemaak vir fellowship, om mekaar te sien te praat en aan te raak.  Met alles wat gebeur, is dit of ons van mekaar vervreem.

Besig is goed, maar as dit jou lewe beheer en jy nie tyd het vir jou vriende nie, dan is jou balans uit.

Maak tyd vir die mense wat vir jou omgee. 



Sunday 20 February 2022

Don't Judge

 Dit is nogal maklik om dit te doen.

Jy wys so maklik vinger na ander en vergeet self dat jy skuldig kan wees.

Kyk eers na jouself voordat jy so maklik ander wil veroordeel.

Almal het hulle foute. Kyk vandag met ander oe na ander en jouself.

Plaas jouself in hulle skoene.



Wednesday 16 February 2022

Jou keuse van roomys wat dit van jou persoonlikheid se

 Vanilla roomys

Sommige mense beskou jou dalk 'n bietjie basies, maar hulle verstaan eenvoudig nie klassieke skoonheid nie. Jy waardeer goeie kwaliteit en minimalisme. Jy is nie 'n angstige of gestresde persoon nie - jy vind vrede en balans in die alledaagse, en geniet dit om in die oomblik te lewe.

Sjokoladeroomys

Jy lei 'n lewe van vreugde en selfliefde. Alhoewel jy sterk opinies oor dinge het, is jy altyd oop om nuwe idees en ander ervarings as jou eie te verken. 

Aarbei roomys

Jou vriende sal jou as uiters lojaal en energiek beskryf. Jy is altyd die een wat na werk of skool wil uitgaan - selfs na 'n lang dag. Jy geniet dit om soggens te oefen en het 'n diep liefde vir diere.

Koffie Roomys

Jy is 'n introvert wat gereeld in koffiewinkels alleen gevind word. Jy hou daarvan om alleen te wees. Jou ideale aand is om 'n lang wandeling te neem en dalk 'n vriend van die kollege te ontmoet.

 Munt Sjokoladeskyfie Roomys

Jy is nogal gaaf, om eerlik te wees. Op hoërskool was jy dalk nie die gewildste kind nie, maar jy het om daardie skare gehang. Jy is 'n gebalanseerde mens - jy hou daarvan om te hardloop en sokker te kyk, maar jy hou ook daarvan om 'n toneelstuk te sien. Jy is geliefd onder almal en wil net 'n goeie tyd hê.

Ek sal graag wil hoor of jou gunsteling geur roomys by jou persoonlikheid pas. Myne is wel want ek hou van Sjokoladeroomys.



Tuesday 15 February 2022

As vandag jou laaste dag was

 Wat sou jy doen of nie doen nie as jy geweet het dit is jou laaste dag vandag?

Wat is dan vir jou belangrik?

Sal jy die hele dag net saam met jou gesin deur bring en vriende?

Iets om nogal aan te dink?  Nie, een van ons is verseker dat ons more gaan sien nie. 

So hoe leef jy vandag? Kies jou woorde en jou dade reg, want wat jy vandag doen beinvloed ander se lewe en wat hulle van jou onthou.

Leef vandag of dit jou laaste dag is. Dalk hou jy so baie van wat jy vandag gedoen het dat dit dalk net die begin kan wees hoe jy die res van jou lewe wil leef.

Jy het 12 uur vir vandag gaan leef voluit!!!



Monday 14 February 2022

Jou vrese

 Watter vrese dra jy rond?

 Vrees vir jou kinders se toekoms?

Vrees vir jou gesondheid?

Vrees vir dinge wat dalk nie eers gaan gebeur nie?

Wat is vrees? Vrees is niks anders as vals realiteite wat ervaar word as egte situasies nie.

Hoe raak ons ontslae van hierdie vals realiteite. Deur God te dank vir sy liefde. Daar is 365 verse in die Bybel om nie bang te wees nie, om geen vrees te he nie.

So as jy begin bang word vir dinge wat jy geen beheer oor het nie, besluit dan liewers om op God te vertrou.

Prys God vir sy beloftes dat Hy daar is om jou te help. Mense kan niks aan jou doen nie. Hulle is maar klein en swak.



Sunday 13 February 2022

Wysheid

 Ons as vrouens en mammas moet praat met wysheid.  Ons woorde het groot mag.

Hoe praat ons met ons mans, bou ons op of breek ons af.

Bemoedig ons, ons kinders met ons woorde of is ons geneig net om te kla.

Ons wyse woorde kan ander help om reg te leef. Ons kan goeie raad gee om reg te lewe.

Laat ons woorde meer positief wees as negatief. Let op jou woorde vandag en praat met wysheid en liefde.



Thursday 10 February 2022

Wat het jy meer nodig in jou lewe?

 Wysheid:

Om altyd die regte ding te kan se op die regte tyd. Om reg op te tree in elke oomblik.

Liefde:

Om te kan gee. Dit is maklik om liefde te ontvang, maar gee jy soveel as wat jy ontvang.  Is ons nie geneig om te gou terug te kap met ons woorde nie? 

Dankbaarhied:

Ons vrae baie dinge in die lewe wat ons wil he. As ons dit kry en wel het is ons dankbaar daaroor? Leef ons so dat ander kan sien ons is dankbaar vir wat ons wel het?  Wees tevrede en dankbaar vir wat jy het.

Tyd:

As mens sou ons graag ons dae wou langer he.  Om net alles te kan inpas in ons dagtaak. Maar die uiteinde alles is net 'n gejaag na wind. 24 uur is wel genoeg tyd. Dit is ons wat tyd spandeer op onbenullighede. Maak tyd vir die regte dinge.

Energie:

Want saam met tyd het ons energie nodig. Net om op te staan en te weet jou tyd van slaap was genoeg en jy het genoeg energie om hierdie dagtaak van vandag te doen. 



Wednesday 9 February 2022

Hoe maklik is dit om te twyfel?

 Dinge loop verkeerd. Alles werk nie uit soos jy beplan het nie. Dan kom kruip twyfel in jou hart in.  Jy wonder of jy die regte keuses gemaak het? Hoe hou ons vas aan ons geloof as twyfel aan die voor deur kom klop.

Vertrou op God se beloftes dat hy sal voorsien. Hy is besig om nuwe dinge in jou lewe te begin, jy sien dit net nie nou nie.

Ons moet net een doel he en dit is om Jesus en ander gelukkig te maak. Vra vir die Here om jou te help om te doen wat Hy wil he jy moet doen.

Jaag twyfel weg en laat dit 'n ander huis soek. Moet nie dat twyfel plek maak in jou hart nie.



Tuesday 8 February 2022

Hoe om te ontspan

 Stap die naweek in die natuur. Luister na die geluide en asem die vars lug in. 

Daarna neem 'n lekker lang warm bad met kerse en rustige musiek.

Geniet enige drankie in die bad. 

Daarna wees 'n bietjie kreatief teken, verf of maak net iets. Jy kan bak en brou ook.

Maak tyd om te ontspan jou liggaam het dit nodig.



Monday 7 February 2022

spandeer jou tyd reg

 Wie van ons wens daar was meer tyd?

Voor jy jou kan keer dan is die dag klaar en jy het nie al jou goed gedoen wat jy wou of moes doen nie.

Jou to do list hoop net op.  Het jy tyd om stil te word en eers tyd te maak in God se woord.

Dit moet bo aan jou lysie wees en weer onder jou lysie om dankie te se vir sy leiding deur die dag.

Hoeveel tyd maak jy vir jou vriende?  Is jou gesin ook op jou lysie om saam met hulle tyd te spandeer.

Kyk weer vanoggend na jou te do list en skommel dit reg en plaas God eerste, dan jou gesin en jou vriende en dan kom werk.  Nie altyd wat die wereld verwag nie. Self wil eerste op die lysie geplaas word en dan al die ander en God kom laaste as daar tyd oor is.

Gebruik jou tyd reg vandag.



Sunday 6 February 2022

Hoe ontspan jy?

 Die naweek is daar om te ontspan en jou batterye te herlaai.

Hoeveel van ons kry dit reg om daardie twee dae so te gebruik. Voor ons dit sien is die naweek verby en jy voel glad nie uit gerus nie.

Probeer om die naweke te gebruik om te doen wat jy glad nie kans kry in die week nie.

Lees 'n boek. Stap of wees net in die natuur.  Moet net nie sit by die huis nie. Of so besig wees dat jy nie kans kry om te rus nie.

Die week doen bietjie moeite om vir die naweek voor te berei waar jy kan ontspan.




Thursday 3 February 2022

Laat gaan en laat God

 Vandag laat gaan wat jou so vashou in vrees.

Sodra jy oorgee en dit los by die voete van Jesus kan jy begin leef.  Gee Hom al jou probleme, Hy weet hoe om dit te hanteer en om dit om te sit in seeninge.

Vir Hom is jou hart en karakter belangrik nie jou besittings of jou bank rekening nie. Hy wil die beste jy he.

Gee vir ander en leef in liefde.  As jy weg kyk van jou eie probleme en na ander kyk en omgee sal jy agter kom jou probleme is nie so erg nie.

Fokus op die dinge wat saak maak in die lewe.  Glimlag vandag en leef voluit vir Jesus.



Wednesday 2 February 2022

As jou liggaam kon praat wat sou dit se?

 Op die oomblik is dit om meer te oefen. Minder te stres. Rustig te vat.

Jou Gesondheid is die een ding wat jy nie kan koop nie.  Jy is verantwoordelik vir jou eie gesondheid.

Wag ons te lank voordat ons oorgaan in aksie.  'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees.

Is jy kort van draad - dan slaap jy te min.

Is jy heeltyd moeg - jy doen te min oefeninge

Kyk na jouself en moet nie wag totdat te laat is nie.



Tuesday 1 February 2022

Goeie gewoontes

 Wees altyd vol blydskap

Bid aanhoudend

Wees heeltyd dankbaar.

Maklike drie gewoontes om te doen.  Wel dalk nie so maklik nie, want as die golwe begin slaan en jou bootjie is besig om te sink is blydskap nie eerste op jou lys nie.

Hoe bly jy vol blydskap, jy Verbly jouself in die Here jou krag en blydskap is in die Here en nie in jouself nie. 

Maklik om te bid, maar wat as die antwoorde nie kom nie. God is nooit laat nie altyd op tyd. Die probleem is ons tyd is nie God se tyd nie. Dan raak ons moedeloos en hou op bid.

Dankbaar, is ons net dankbaar vir die gebede wat beantwoord word of bly ons dankbaar in die swaartye.

Begin vandag met drie gewoontes om deel van jou karakter te maak. 

Wees bly

Bid altyd

Wees dankbaar