Sunday 27 February 2022

Hoe om te werk aan jou swakhede?

 Ons het almal swakhede, maar hoe verbeter ons dit?

Bly kalm alles gebeur nie oornag nie. Jy gaan nie een oggend opstaan en al jou swakhede gaan verdwyn nie. Dit sou lekker gewees het.

Maar in die proses sou jy niks van jouself geleer het nie. Jy leer as jy daaraan werk om te verbeter.

Kyk buite jouself. Moet nie net op jou swakhede konsentreer nie. Kyk na die Een wat jou swakhede kan verander om jou as 'n beter mens te maak.

Neem een swakheid 'n dag en werk aan dit tot dat jy 'n verskil sien in jouself. Moet nie te hard op jouself wees nie. Ons is geneig om ons grootste vyand te wees.



No comments:

Post a Comment