Thursday 24 February 2022

Wat ander van jou sal onthou?

 Al ooit gedink aan die vraag, wat wil jy he ander moet van jou onthou as jy nie meer daar is nie.

Gaan hulle jou onthou as die persoon wat die beste uit hulle gebring het?  Gaan hulle jou mis?

Leef jy so dat jy 'n goeie getuigskrif agter laat of so lewe dat ander soos jy wil wees?

Skryf jou eie getuigskrif.  So hoop ek myne sal eendag lees;

'n Kind van God wat God eerste gestel het in haar lewe en 'n lewe geleef het wat toegewyd was aan Hom.

"n Vrou wat alles gegee het vir haar man en liefde bewys het.

"n Ma wat net die beste vir haar kinders wil he en laat hulle, hulle doelwitte kan bereik.

'n Dogter wat haar ma trots maak.

"n Vriendin wat daar was vir jou as jy haar nodig het.

'n Onderwyser wat net die beste uit haar skool kinders wil bring en sien dat hulle sukses behaal in alles wat hulle aanpak.



No comments:

Post a Comment