Thursday 3 February 2022

Laat gaan en laat God

 Vandag laat gaan wat jou so vashou in vrees.

Sodra jy oorgee en dit los by die voete van Jesus kan jy begin leef.  Gee Hom al jou probleme, Hy weet hoe om dit te hanteer en om dit om te sit in seeninge.

Vir Hom is jou hart en karakter belangrik nie jou besittings of jou bank rekening nie. Hy wil die beste jy he.

Gee vir ander en leef in liefde.  As jy weg kyk van jou eie probleme en na ander kyk en omgee sal jy agter kom jou probleme is nie so erg nie.

Fokus op die dinge wat saak maak in die lewe.  Glimlag vandag en leef voluit vir Jesus.



No comments:

Post a Comment