Tuesday 1 February 2022

Goeie gewoontes

 Wees altyd vol blydskap

Bid aanhoudend

Wees heeltyd dankbaar.

Maklike drie gewoontes om te doen.  Wel dalk nie so maklik nie, want as die golwe begin slaan en jou bootjie is besig om te sink is blydskap nie eerste op jou lys nie.

Hoe bly jy vol blydskap, jy Verbly jouself in die Here jou krag en blydskap is in die Here en nie in jouself nie. 

Maklik om te bid, maar wat as die antwoorde nie kom nie. God is nooit laat nie altyd op tyd. Die probleem is ons tyd is nie God se tyd nie. Dan raak ons moedeloos en hou op bid.

Dankbaar, is ons net dankbaar vir die gebede wat beantwoord word of bly ons dankbaar in die swaartye.

Begin vandag met drie gewoontes om deel van jou karakter te maak. 

Wees bly

Bid altyd

Wees dankbaar



1 comment: