Monday 14 February 2022

Jou vrese

 Watter vrese dra jy rond?

 Vrees vir jou kinders se toekoms?

Vrees vir jou gesondheid?

Vrees vir dinge wat dalk nie eers gaan gebeur nie?

Wat is vrees? Vrees is niks anders as vals realiteite wat ervaar word as egte situasies nie.

Hoe raak ons ontslae van hierdie vals realiteite. Deur God te dank vir sy liefde. Daar is 365 verse in die Bybel om nie bang te wees nie, om geen vrees te he nie.

So as jy begin bang word vir dinge wat jy geen beheer oor het nie, besluit dan liewers om op God te vertrou.

Prys God vir sy beloftes dat Hy daar is om jou te help. Mense kan niks aan jou doen nie. Hulle is maar klein en swak.



No comments:

Post a Comment