Wednesday 9 February 2022

Hoe maklik is dit om te twyfel?

 Dinge loop verkeerd. Alles werk nie uit soos jy beplan het nie. Dan kom kruip twyfel in jou hart in.  Jy wonder of jy die regte keuses gemaak het? Hoe hou ons vas aan ons geloof as twyfel aan die voor deur kom klop.

Vertrou op God se beloftes dat hy sal voorsien. Hy is besig om nuwe dinge in jou lewe te begin, jy sien dit net nie nou nie.

Ons moet net een doel he en dit is om Jesus en ander gelukkig te maak. Vra vir die Here om jou te help om te doen wat Hy wil he jy moet doen.

Jaag twyfel weg en laat dit 'n ander huis soek. Moet nie dat twyfel plek maak in jou hart nie.



No comments:

Post a Comment