Thursday 10 February 2022

Wat het jy meer nodig in jou lewe?

 Wysheid:

Om altyd die regte ding te kan se op die regte tyd. Om reg op te tree in elke oomblik.

Liefde:

Om te kan gee. Dit is maklik om liefde te ontvang, maar gee jy soveel as wat jy ontvang.  Is ons nie geneig om te gou terug te kap met ons woorde nie? 

Dankbaarhied:

Ons vrae baie dinge in die lewe wat ons wil he. As ons dit kry en wel het is ons dankbaar daaroor? Leef ons so dat ander kan sien ons is dankbaar vir wat ons wel het?  Wees tevrede en dankbaar vir wat jy het.

Tyd:

As mens sou ons graag ons dae wou langer he.  Om net alles te kan inpas in ons dagtaak. Maar die uiteinde alles is net 'n gejaag na wind. 24 uur is wel genoeg tyd. Dit is ons wat tyd spandeer op onbenullighede. Maak tyd vir die regte dinge.

Energie:

Want saam met tyd het ons energie nodig. Net om op te staan en te weet jou tyd van slaap was genoeg en jy het genoeg energie om hierdie dagtaak van vandag te doen. 



No comments:

Post a Comment