Monday 7 February 2022

spandeer jou tyd reg

 Wie van ons wens daar was meer tyd?

Voor jy jou kan keer dan is die dag klaar en jy het nie al jou goed gedoen wat jy wou of moes doen nie.

Jou to do list hoop net op.  Het jy tyd om stil te word en eers tyd te maak in God se woord.

Dit moet bo aan jou lysie wees en weer onder jou lysie om dankie te se vir sy leiding deur die dag.

Hoeveel tyd maak jy vir jou vriende?  Is jou gesin ook op jou lysie om saam met hulle tyd te spandeer.

Kyk weer vanoggend na jou te do list en skommel dit reg en plaas God eerste, dan jou gesin en jou vriende en dan kom werk.  Nie altyd wat die wereld verwag nie. Self wil eerste op die lysie geplaas word en dan al die ander en God kom laaste as daar tyd oor is.

Gebruik jou tyd reg vandag.



No comments:

Post a Comment