Tuesday 22 February 2022

Jou gedagtes

 Jou gedagtes bepaal wat jy die dag gaan doen. Negatiewe gedagtes bring mee dat jy moedeloos is nog voordat jy begin het.

Positiewe gedagtes is jy lus vir die dag en pak jy die dag aan met alles wat jy het.

Wat en wie is in jou gedagtes? God moet jou manier van dink verander. As ons, ons gedagtes vul met dinge van die wereld vestig ons nie op dit wat God vir ons wil he nie.

Hy wil die beste vir jou he, so moet ons ook dan in ons gedagtes die beste wil bereik.

Dink Positief vandag en laat jou gedagtes alleenlik bly op dinge wat mense opbou en wat jouself 'n beter mens maak.



No comments:

Post a Comment