Sunday 31 January 2021

Sosiale Media

 Met die tyd wat in ons nou lewe word sosiale media die manier waarop ons kommunikeer en te werk gaan.

Tieners is vas gegom aan hulle fone en probeer dit nou net weg vat en jy sit met 'n oorlog in jou huis.

Hoe gaan jy as ouer te werk met jou tiener wat verslaaf is aan sosiale media.

Probeer vandag om 5 voorstelle te maak vir jou tiener en vir jouself as jy verslaaf is aan sosiale media. Los die foon af as jy een van hierdie volgende werke doen.

1. Organiseer jou kamer

2. DIY project

3. Stap buitekant

4. Gaan neem foto's buite

5. Skryf 'n brief vir die persoon wat jy baie voor lief is.

Enige voorstelle kan vir my gestuur word, wat vir julle gesin werk.



Thursday 28 January 2021

Jou geestesgesondheid

 Praat oor hoe jy voel, dit help nie jy tob oor alles en hou alles binne in nie. Bly aktief gaan stap en ontmoet mense. Eet gesond, maak seker jy eet 'n gebalanseerde dieet. 

As ding lyk of alles buite beheer is gaan soek profesionele hulp, moet nie probeer om alles self te wil doen nie. Hou kontak met jou vriende al is dit net 'n vinnige boodskap wat jy vir hulle stuur.

Vra vir hulp, jy is nie superwoman/superman nie. Vat genoeg rus kanse en geniet jou gesin moet nie altyd net die negatiewe dinge sien nie. Soek vandag net vir die positiewe.

Doen iets vandag wat jy goed in is. Aanvaar jouself wie jy is. Kyk uit vir ander en help waar jy kan, moet nie net vir jouself leef nie.





Tuesday 26 January 2021

Doen iets dat ander kan glimlag

 Stuur 'n dankie nota aan iemand. Dit beteken baie vir daardie persoon dat hy/sy waardeer word vir dit wat hulle doen.

Stap saam met iemand in die son vandag. Daardie persoon het jou vandag nodig.

Stuur vir iemand blomme, Dit hoef nie groot te wees nie.

Doen iets vir 'n ouer persoon al is dit net om 'n koppie koffie saam met hulle te gaan drink.

Gee vandag drukkies vir jou kinders, wees nog geduldig met hulle skole maak oop oor twee weke geniet elke oomblik met hulle

Maak 'n nuwe vriend vandag.

Vertel ander hoe goed hulle is en waardeer wat hulle doen vir jou

Neem foto's vandag wat jou gelukkig maak.

Speel vandag saam met jou kinders al is dit buite of binne wegkruipertjie met jou tieners die speletjies wat hulle speel op die computer. 

Gaan eet roomys saam met iemand vandag

Wat jy ook al doen glimlag en maak dat iemand anders glimlag vandag.



Monday 25 January 2021

Wat is die moeite werd?

 Om slegte goed uit te los. Moet nie skinder en sleg praat oor ander nie. Moet nie mooi woordjies praat en dan van agter af slegte dinge dink nie. 

Kies die goeie en nie die slegte. Kies om die waarheid te praat en nie te lieg nie. Bly weg van slegte gedagtes af. Vul jou gedagtes met die dinge wat waar en eerbaar is. 

Moenie stry en baklei nie. Moenie rusie maak nie. Bly weg van verkeerde dinge af. 

Om die Here te volg, bly jy uit die moeilikheid. As jy gelukkig wil wees leef versigtig.

Moenie toelaat dat dit wat sleg is in jou lewe die oorhand kry nie. Oorwin die Bose deur te doen wat God van jou vra.



Sunday 24 January 2021

Moet nie moed opgee nie

 God sal jou rus gee as jy moeg is. As jy honger is sal Hy vir jou kos gee. Jy sal tevrede voel met alles wat God vir jou gee uit Sy hand. Hy kan sien jy het hom nodig, en Hy sal jou help uit jou moeilikheid.

Elke oggend is 'n nuwe oggend waar jy in Sy woord kan leer. Streef daarna om te doen wat God van jou vra. By God sal ons leer oor die lewe. Jy sal ontdek wat dit beteken om nog vir ander mense tyd en liefde oor te he.



Thursday 21 January 2021

My boodskap aan jou:

 Leef vandag sonder enige vrese en leef voluit vandag.  Leef so dat jy weet jy het die ewige lewe.  Leef sonder om te glo aan die leuens van Satan.

leuen 1: Ek is nie goed genoeg nie. God maak nie foute nie, en jy is daar vir 'n rede leef jou talente uit.

Leuen 2: Jy het te veel sonde. Niks is onmoontlik vir God nie. Hy kan net nie jou keuse vir jou maak nie. 

leuen 3: God gaan jou straf vir alles wat jy verkeerd doen. Die Waarheid jy is verantwoordelik vir jou eie besluite en sal self die gevolge dra, net soos God nie jou besluite kan maak nie, net so kan Hy ook nie jou gevolge wegneem van jou eie dom besluite nie.

Maak 'n besluit wie volg jy vandag.





Wednesday 20 January 2021

Die mense in jou lewe

 Watter mense kan jy nie sonder lewe nie?

Eerste is dit die Here, ek kan nie 'n dag sonder Hom begin nie. Hy is die een wat saam met my die dag loop en seker maak ek is 'n sukses in wat ek aanpak die dag.  Sonder Hom is ek niks nie.  

My man my steun pilaar, die een wat by my staan. My maat met wie ek alles kan deel.

My kinders. Al kan hulle die slegte uit my voortbring maak hulle my hart so bly en sou my lewe kleurloos gewees het sonder hulle.

Familie, want hulle is die mense wat jou karakter sluip. Die mense vir wie ek bid en vra dat die Here hulle sal seen in alles wat in hulle lewe aangaan.

Vriende, want sonder vriende is jy eensaam.  Vriende is daar vir raad en om jou vreugdes te deel.


Se vir die mense dankie wat in jou lewe is.



Tuesday 19 January 2021

Wat beteken die lewe vir jou?

 Die lewe nou is dalk vol onsekerhede en jy weet nie wat die dag van more of eers volgende maand vir jou gaan inhou nie.

Die lewe moet vir jou geluk beteken 'n lewe wat gelei word deur die genade van God. Leef jy so dat ander kan sien dat Jesus in jou leef. 

Begin jy elke dag met die wete dat Hy wel aan jou sy is? Leef jy in jou eie krag en maak besluite sonder om Hom te raad pleeg?

Leef jy vir 'n lewe beter as hier.  Die ewigheid wag vir jou, jy kan nou al leef met 'n ewigheids visie.

Die lewe beteken om elke dag te leef of dit jou laaste dag op aarde is. Leef so dat almal in jou geselskap wil wees. Leef met 'n glimlag en gee vir ander.

Leef vandag vreesloos en om so te leef dat ander kan weet God is nie dood nie.




Monday 18 January 2021

Leef met dankbaarheid

 Dis net God wat ons in die verlede laat wen het. Daarom kan ons vandag met dankbaarheid leef.

Dit maak my gelukkig om vir die Here dankliedere te sing. Deur iets vir die Here te doen bewys ons, ons dankbaarheid aan Hom.

Waarvoor se ek dankie vanoggend:

Vir gesondheid, vir 'n geleentheid om nog te werk. Vir Familie waarvoor ek nog kan bid.  Vir vriende al kan ek nie hulle sien nie weet ek, ek is in hulle gebede.

Op elke plek waar jy is, gebruik God jou. 

God maak ons deel van Sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid.



Sunday 17 January 2021

Jy is nooit alleen

 Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie. Hy neem die regte besluite oor jou lewe. U is altyd daar om my te help met groot krag. Ek is rustig wanneer ek by die Here is. By Hom alleen is ek veilig. Al is ek in die moeilikheid, sal niks my ooit onder kry nie. Vertrou op die Here. Niks sal my onder kry nie.

Ek sal aanhou vertel van al die wonderlike dinge wat die Here gedoen het. God doen groot dinge wat niemand anders kan doen nie. Ons leef elke dag uit sy hand. Ons kan nie sonder die Here se goedheid klaar kom nie.

Dus as jy elke dag op die regte manier leef, is die lewe wonderlik. 



Wednesday 13 January 2021

Waarmee sukkel jy?

Daar is 'n klomp dinge in die lewe waarmee ons vandag mee sukkel. 

Geduld kan een van dit wees. Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag. Geduld word aan geleer en is nie altyd maklik nie. Alles vandag is kits en nou. Ons samelewing het die kuns van geduld verleer.

Ons raak baie vinnig ongeduldig as ons nie iets dadelik kan kry nie. Met Krediet kaart is dit ook maklik om nie te wag of te spaar nie, nee wat ons koop sommer dit nou.

Ons wil ook dadelik resultate sien in ons verhoudings en alles wat ons doen. God moet nou in gryp en dadelik alles verander. Sy tydsberekening is nie ons sin nie. Hy wil ook vir ons geduld leer. 



Tuesday 12 January 2021

As dinge net nie wil uit werk nie

Stel al jou hoop op die Here! Vertrou op Hom! Hou moed! Wees sterk! Moenie die handdoek ingooi nie, bly wag op die Here! God is magtiger as jou probleem. God gee vir jou kalmte vandag ervaar dit in jou lewe. 

Stand firm in your trust in God, be courageous for the truth and be strong. So don't become discouraged and lose confidence, your trust will be richly rewarded.




 

Monday 11 January 2021

Kies om gelukkig te wees vandag

 Bekommernis versuur jou lewe. 'n Bemoedigende woord van 'n gelowige maak jou gelukkig. Spreek woorde wat lewe bring vir ander.

Mooi woorde is soos iets lekkers. Aangenaam om te eet. Goed vir die liggaam. Almal sal in jou geselskap wil wees as jy positiewe woorde spreek.

Loop vandag met 'n glimlag op jou gesig en Jesus in jou hart en jy sal 'n goeie dag beleef.




Thursday 7 January 2021

Jou ervaring met Gpd

 Experience for yourselves that the Lord is good. 

Jy kan nie net hoor van Jesus nie, jy moet Homself soek en Hom vind en jou hart vir Hom oopmaak.

Lewe naby die Here dat julle Hom kan ken. Leer en ken die waarheid. 

Jy ervaar hoe goed God vir jou is, vertel ander van Sy liefde en goedheid.

The Spirit himself confirms in our hearts and minds that we  are God's children

Waarom dan leef in vrees? As kind van God het ons die belofte van 'n ewige lewe. Leef met die wete dat jy daardie lewe het.



Wednesday 6 January 2021

Sing en Loof die Here

O Lord, how incredible is the number of living things you have made! 

Jou Uitdaging vir vandag is, gaan sit buite en kyk soos 'n kind om jou. Ontdek nuwe goggas, voels en plante. Alles het God vir ons gemaak om te geniet.

Ons raak so besig met al ons take dat ons nie kans kry om te sit en net te kyk en te luister na al die natuur om ons nie.

Kyk vandag of jy iets interessant kan kry in die natuur, en loof God vir sy handewerk.





Tuesday 5 January 2021

Wees sterk

Daar is mense wat reg leef. Hulle bly op die koers wat hulle gekies het. hulle word net meer en meer oortuig daarvan dat hulle moet aanhou om ordentlik te leef. 

Is jy vandag op die regte koers? Is jy sterk vandag?

Voel jy moedeloos? Dit lyk of niks vir jou uitwerk nie?

Dit lyk of slegte mense net voorspoed kry, onthou die volgende slegte mense sal nie meer so vol selfvertroue rondloop nie. Hulle eie planne sal hulle laat ondergaan. Dit lyk of hulle nou gemaklik leef sonder dat enigiets hulle pla. 

Wat maak ons lewe anders ons het 'n ewige hoop, ons weet ons tuiste is nie op hierdie aarde nie.

Ons sterkte moet in die Here wees. (die volgende gee ek in engels)

Only the Creator God equips me with a noble character and a healed mind. He equips us for battle. The Lord strengthens my heart and shields my mind, my heart overflows with joy.

Die Here is die gelowige se krag. Sonder Hom is die lewe hel.

Vir alles in die lewe, die goeie of die slegte, sien ek kans omdat Jesus my bron van krag is.




Monday 4 January 2021

Verrassings

 Die uitdaging vir vandag vir jou is om uit te kyk na verrassings en om ander te verras vandag.

God verras jou oor hoe Hy jou gebede beantwoord. Hy antwoord nie altyd hoe jy wil nie, maar die beste manier vir jou op daardie tydstip. 

Gee Hom die geleentheid om jou vandag te verras en moet nie voorop gestelde idees koester nie.

Verras jou huweliksmaat deur vandag vir hom/haar te vertel hoekom jy hom/haar liefhet.

Verras jou kinders met die idee dat hulle mag eet net wat hulle wil!! 

Verras jou mense met wie jy saam werk deur vir hulle iets te doen wat hulle die minste gaan verwag vandag.

Verras jouself vandag om vir jou self tyd te maak!!



Sunday 3 January 2021

Doen dinge anders

 More daar, die nuwe jaar is hier!

Doen dinge anders die jaar moet nie net aangaan op die ou trent nie. Leef anders en doen elke dag iets nuuts. Kom ons lag meer vandag. Glimlag vir almal wat jy sien vandag. As jy begin werk het lag by die werk vandag.

By die huis lag saam met jou gesin.  Moet nie te besig raak met jou eie probleme nie. 

Jy is nie 'n mens wat net vir hierdie wereld leef en vir wat jy daar uit kan kry nie. Jy is 'n Koningskind en leef vir dit wat nog gaan kom. Hou op om vas te kyk vir die dinge wat om jou gebeur en kyk na Bo.

Tree vandag op soos 'n mens wat vir die Here leef!!