Tuesday 26 January 2021

Doen iets dat ander kan glimlag

 Stuur 'n dankie nota aan iemand. Dit beteken baie vir daardie persoon dat hy/sy waardeer word vir dit wat hulle doen.

Stap saam met iemand in die son vandag. Daardie persoon het jou vandag nodig.

Stuur vir iemand blomme, Dit hoef nie groot te wees nie.

Doen iets vir 'n ouer persoon al is dit net om 'n koppie koffie saam met hulle te gaan drink.

Gee vandag drukkies vir jou kinders, wees nog geduldig met hulle skole maak oop oor twee weke geniet elke oomblik met hulle

Maak 'n nuwe vriend vandag.

Vertel ander hoe goed hulle is en waardeer wat hulle doen vir jou

Neem foto's vandag wat jou gelukkig maak.

Speel vandag saam met jou kinders al is dit buite of binne wegkruipertjie met jou tieners die speletjies wat hulle speel op die computer. 

Gaan eet roomys saam met iemand vandag

Wat jy ook al doen glimlag en maak dat iemand anders glimlag vandag.



No comments:

Post a Comment