Monday 25 January 2021

Wat is die moeite werd?

 Om slegte goed uit te los. Moet nie skinder en sleg praat oor ander nie. Moet nie mooi woordjies praat en dan van agter af slegte dinge dink nie. 

Kies die goeie en nie die slegte. Kies om die waarheid te praat en nie te lieg nie. Bly weg van slegte gedagtes af. Vul jou gedagtes met die dinge wat waar en eerbaar is. 

Moenie stry en baklei nie. Moenie rusie maak nie. Bly weg van verkeerde dinge af. 

Om die Here te volg, bly jy uit die moeilikheid. As jy gelukkig wil wees leef versigtig.

Moenie toelaat dat dit wat sleg is in jou lewe die oorhand kry nie. Oorwin die Bose deur te doen wat God van jou vra.



No comments:

Post a Comment