Monday 18 January 2021

Leef met dankbaarheid

 Dis net God wat ons in die verlede laat wen het. Daarom kan ons vandag met dankbaarheid leef.

Dit maak my gelukkig om vir die Here dankliedere te sing. Deur iets vir die Here te doen bewys ons, ons dankbaarheid aan Hom.

Waarvoor se ek dankie vanoggend:

Vir gesondheid, vir 'n geleentheid om nog te werk. Vir Familie waarvoor ek nog kan bid.  Vir vriende al kan ek nie hulle sien nie weet ek, ek is in hulle gebede.

Op elke plek waar jy is, gebruik God jou. 

God maak ons deel van Sy koninkryk wat vir altyd daar sal wees. Daaroor moet ons oorloop van dankbaarheid.



No comments:

Post a Comment