Sunday 17 January 2021

Jy is nooit alleen

 Daar is niks wat my blyer maak as wanneer U my help nie. Hy neem die regte besluite oor jou lewe. U is altyd daar om my te help met groot krag. Ek is rustig wanneer ek by die Here is. By Hom alleen is ek veilig. Al is ek in die moeilikheid, sal niks my ooit onder kry nie. Vertrou op die Here. Niks sal my onder kry nie.

Ek sal aanhou vertel van al die wonderlike dinge wat die Here gedoen het. God doen groot dinge wat niemand anders kan doen nie. Ons leef elke dag uit sy hand. Ons kan nie sonder die Here se goedheid klaar kom nie.

Dus as jy elke dag op die regte manier leef, is die lewe wonderlik. 



No comments:

Post a Comment