Wednesday 13 January 2021

Waarmee sukkel jy?

Daar is 'n klomp dinge in die lewe waarmee ons vandag mee sukkel. 

Geduld kan een van dit wees. Dit is goed om van jongs af te leer om geduldig vir die Here te wag. Geduld word aan geleer en is nie altyd maklik nie. Alles vandag is kits en nou. Ons samelewing het die kuns van geduld verleer.

Ons raak baie vinnig ongeduldig as ons nie iets dadelik kan kry nie. Met Krediet kaart is dit ook maklik om nie te wag of te spaar nie, nee wat ons koop sommer dit nou.

Ons wil ook dadelik resultate sien in ons verhoudings en alles wat ons doen. God moet nou in gryp en dadelik alles verander. Sy tydsberekening is nie ons sin nie. Hy wil ook vir ons geduld leer. 



1 comment: