Tuesday 19 January 2021

Wat beteken die lewe vir jou?

 Die lewe nou is dalk vol onsekerhede en jy weet nie wat die dag van more of eers volgende maand vir jou gaan inhou nie.

Die lewe moet vir jou geluk beteken 'n lewe wat gelei word deur die genade van God. Leef jy so dat ander kan sien dat Jesus in jou leef. 

Begin jy elke dag met die wete dat Hy wel aan jou sy is? Leef jy in jou eie krag en maak besluite sonder om Hom te raad pleeg?

Leef jy vir 'n lewe beter as hier.  Die ewigheid wag vir jou, jy kan nou al leef met 'n ewigheids visie.

Die lewe beteken om elke dag te leef of dit jou laaste dag op aarde is. Leef so dat almal in jou geselskap wil wees. Leef met 'n glimlag en gee vir ander.

Leef vandag vreesloos en om so te leef dat ander kan weet God is nie dood nie.




No comments:

Post a Comment