Monday 4 January 2021

Verrassings

 Die uitdaging vir vandag vir jou is om uit te kyk na verrassings en om ander te verras vandag.

God verras jou oor hoe Hy jou gebede beantwoord. Hy antwoord nie altyd hoe jy wil nie, maar die beste manier vir jou op daardie tydstip. 

Gee Hom die geleentheid om jou vandag te verras en moet nie voorop gestelde idees koester nie.

Verras jou huweliksmaat deur vandag vir hom/haar te vertel hoekom jy hom/haar liefhet.

Verras jou kinders met die idee dat hulle mag eet net wat hulle wil!! 

Verras jou mense met wie jy saam werk deur vir hulle iets te doen wat hulle die minste gaan verwag vandag.

Verras jouself vandag om vir jou self tyd te maak!!



No comments:

Post a Comment