Thursday 21 January 2021

My boodskap aan jou:

 Leef vandag sonder enige vrese en leef voluit vandag.  Leef so dat jy weet jy het die ewige lewe.  Leef sonder om te glo aan die leuens van Satan.

leuen 1: Ek is nie goed genoeg nie. God maak nie foute nie, en jy is daar vir 'n rede leef jou talente uit.

Leuen 2: Jy het te veel sonde. Niks is onmoontlik vir God nie. Hy kan net nie jou keuse vir jou maak nie. 

leuen 3: God gaan jou straf vir alles wat jy verkeerd doen. Die Waarheid jy is verantwoordelik vir jou eie besluite en sal self die gevolge dra, net soos God nie jou besluite kan maak nie, net so kan Hy ook nie jou gevolge wegneem van jou eie dom besluite nie.

Maak 'n besluit wie volg jy vandag.





No comments:

Post a Comment