Tuesday 30 June 2020

Wat 'n wonderlike Naam



Wat 'n mooi naam is dit nie Niks vergelyk hiermee nie
Wat 'n mooi naam is dit nie Die Naam van Jesus
 
U wou nie die hemel sonder ons hê nie So Jesus,
U het die hemel neergedaal My sonde was groot,
U liefde was groter Wat kan ons nou skei
 
Hoe lief is u naam, Here, hoe goed is  U
Wil jy graag sing in die Naam van die Here, graag vir almal?
Die dood kon U nie hou nie, die voorhangsel het voor U geskeur
U het die roem, van sonde en graf stilgemaak Die hemele brul,
die lof van u heerlikheid Want U word weer opgewek

Wat 'n kragtige naam is dit nie Niks kan teenstaan ​​nie
Wat 'n kragtige naam is dit nie Die Naam van Jesus

Thursday 25 June 2020

Vertroue in die regte dinge



Gee jou geloof in die Here nie vir jou die vertroue wat jy nodig het nie? Jy het altyd reg geleef omdat jy die Here eer. Dit behoort mos vir jou hoop te gee.

Ek het nooit my vertroue op geld of goud gesit nie. Ek sal 'n nuwe lied tot die Here se eer sing, want hy is ons God. Baie mense sal raaksien wat Hy gedoen het. Dit sal maak dat hulle op Hom vertrou. Hulle sal Hom eer.

Ek bou al my hoop op U. Van jongs af vertrou ek net op U. Slegte nuus ontstel my nie, want my hand is veilig in die Here s'n, omdat ek op die Here vertrou.

Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy sal jou beskerm.  Dit sal goed gaan met mense wat U vir alles vertrou. Dit gee hulle moed vir die toekoms.

Wednesday 24 June 2020

Soete ure van Gebed




Soete uur van gebed!

Dit roep my uit 'n wêreld van sorg

En ek bid by die troon van my Vader

Maak al my wense bekend.

In seisoene van benoudheid en verdriet,

My siel het dikwels verligting gevind

En dikwels het ek die sneller van die versoeker ontsnap.

Deur 'n terugkeer van 'n lieflike uur van gebed!
Soete uur van gebed!

U versoeke sal my bede dra

Aan hom wie se waarheid en getrouheid vir altyd staan

Betrek die wagtende siel om te seën.

Ek soek sy gesig,

Glo sy woord en vertrou sy genade,


Tuesday 23 June 2020

Waarvoor is jy dankbaar?



Dat ek altyd kan opstaan met die wete, dat God daar is.

Ek staan op met 'n lied in my hart en wil die Here loof en prys.

Ek is vol vreugde want die Heilige Gees leef in my. Ek beleef vrede in my hart.

God gebruik my net waar ek is, daar is 'n doel met jou lewe.  My een vriendin het op haar status: Blom waar jy geplant is. Dit is so waar. Daar waar jy is het God met jou 'n doel.

Sit 'n glimlag op jou gesig. Bou jou lewe op Jesus. Staan vas in wat jy glo.

Bewaar die vrede vandag en moet nie stress oor die klein dingetjies nie.

Ek is deel van God se koninkryk, daarom loop ek oor van dankbaarheid.

Monday 22 June 2020

Kies om Gelukkig te wees




Lag vandag en roep uit van blydskap. Dit gaan goed met jou omdat jy die Here dien.

Om gelukkig te wees is om God se woord te geniet. Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.

Met God aan jou kant kan niks slegs met jou gebeur nie. Hy sorg dat elkeen wat Hom dien in vrede leef.

Jy is gelukkig as jy iemand anders help in nood. As jy opreg en eerlik lewe en doen wat God van jou verwag.

Ek sal U Naam vrolik besing, want U gee my krag. Ek is bly terwyl ek U Naam grootmaak.

Ek is gelukkig wanneer ek in U teenwoordigheid leef. U gee vir ons soveel blydskap.

Ek is gelukkig want God sorg vir my.

Sunday 21 June 2020

Jou Naam



Uitdaging vir die week.

Skryf jou naam en gee een woord vir elke letter wat jou beskryf.

J- Joy  Let all those who take refuge in You rejoice. Let them always shout for joy

U - Understanding  My mouth will speak words of wisdom. My heart shall utter understanding.

A - Alive -  The Lord has kept me alive

N - Need - Listen to my cry, for I am in desperate need.

I - Interdependant - Only through Christ I can do all things

T - Together - We took sweet fellowship together

A - Amazing -  The Lord has done this, and it is amazing to us.

Thursday 18 June 2020

Geen vrees



In die aand kan ek gaan slaap sonder om te le en rondrol van bekommernis. In die more word ek rustig wakker, want ek weet die Here sal my krag gee om my probleme op te los.

Selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie, sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie, want U is altyd by my. Dit troos my dat U my lei en beskerm. U laat my veilig voel.

Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos 'n lig wat 'n mens in 'n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie.

As ek bang word, Here, besluit ek net daar om op U te vertrou.

Ek prys God omdat Hy belowe het dat Hy my sal help. Ek loof die Here. Hy hou sy Woord.

Die Here is by my. Daarom is ek vir niks bang nie, niemand kan iets aan my doen nie.

Related image

Wednesday 17 June 2020

Sukses



Die wereld se sukses is ander as God se sukses.

Die Here sal die goeie dinge van die lewe vir jou gee. En die mense sal ook van jou hou.

As jy die rigting volg wat God vir jou wys. Sal jou lewe rustig wees.

Hy weet wat Hy vir jou in gedagte het. Hy beplan dat goeie dinge met jou sal gebeur en nie slegte goed nie. Hy wil he dat jy 'n hoop vir die toekoms moet he.

Sukses is nie om jouself te kan help nie. Dit is om die Here te vertrou vir 'n uitkoms.

Sukses word nie behaal deur jou eie prestasies nie. Dit is God wat in jou werk om die goeie te behaal.

Dit gaan goed met elkeen wat kom om die Here te dien. Hy maak ons planne voorspoedig. Hy gee sukses op alles wat ons begin doen het.

Wie wys leef, kry rykdom en voorspoed en sukses. Die voordele van die regte manier van leef is onpeilbaar groot.

Tuesday 16 June 2020

Ongesonde gewoontes




Ons is so gou om te raas met ons tieners op hulle fone.

Maar het ons al gekyk hoe lank ons op ons fone is.  Dit is so maklik om die verskoning te gee maar dit is werk.  As jy mooi gaan sit en kyk is jy skuldig dat jy ook maar net so verslaaf is aan jou foon.

"n Gewoonte wat ons maar sukkel om te los.

Raak ons maklik gestress en dink ons hoe ons hier gaan uitkom.
'n Gewoonte om self plannetjies te beraam, as om stil te word en op God te vertrou. 

Ons raas ook met ons kinders en se hulle is lui, en wil niks doen nie. Het ons ook nie take wat ons maar net uitskuif na later nie. Is ons ook nie lui om aandag te gee aan die dinge wat ons moet nie.

Vat elke geleentheid en doen iets produktief.

Noudat die skole nie meer mag sport doen nie, is daar 'n paar wat maar sukkel om self oefeninge te doen.  Raak aktief en doen iets. Die maklike antwoord is: dit is koud ek bly liewers in die huis.  As jy raad het hoe om aktief te bly in die winter deel dit met ons almal.



Sunday 14 June 2020

'n Nuwe Week




U beskerm my van alle kante. U help my om nie die handdoek in te gooi nie.U hoor my as ek bid. U antwoord my.

In die aand kan ek gaan slaap sonder om rond te rol van bekommernis. In die oggend word ek rustig wakker want ek weet die Here sal my krag gee om my probleme op te los.

Ek is nie bang nie. Dit is net die Here wat 'n mens kan red.U hou u hand oor U kinders.

Wednesday 10 June 2020

Krisisse in die lewe




Jou verhouding met die Here help jou om krisisse te oorleef.

Wees eelik met jouself. Hoe hanteer jy krisisse.  Raak jy benoud, kwaad of net moedeloos.

Jy is veilig in die hand van die Here. Die Here sal regverdig jou behandel.

Die Here beskerm jou van alle kante. Vir niks hoef jy bang te wees nie.

Leef jou lewe so dat Hy daarop trots kan wees. Sy woorde staan vas. Jy weet waar jy met Hom staan. Hy is getrou en loop nie draaie met jou nie.

Die Here maak jou pad vir jou gelyk. Die Here sal jou help om voluit te lewe, as jy jou hoop op Hom vestig.

Related image

Tuesday 9 June 2020

Wat jou motiveer om aan te hou




Dit gaan nie oor hoe jy voel nie.  Elke dag staan jy op en jy begin jou dag.

Jy is bly dat God jou nog 'n dag gee om in sy genade te leef. Jy kan nie in beheer
wees van alles nie. Gee oor aan God.

Ons is hier op 'n reis na die ewigheid.  Jy moet so leef dat jy jou los maak van wat
agter is en strek na wat voor is. Om die prys te behaal.

Ons gaan hier deurkom en ons gaan dit maak.  Jy plaas jou hand in Sy hand en vertrou.
Moet nie heeltyd tob oor gister nie.  Vandag is 'n nuwe dag en 'n nuwe begin.

Kies vandag om die beste jy te wees. Fokus op God se woord. Bly positief in jou
omstandighede. Moet nie die duiwel 'n oorhand gee om enigsins te twyfel nie.

Jou lewe is 'n kunswerk. Beskerm jou hart. Kyk met nuwe oe na jou omstandighede.
Wees 'n goeie voorbeeld vir ander.

Wees dankbaar oor alles.  Wees gelukkig vandag. Verander jou denke.

Related image

Monday 8 June 2020

Jy en jou geld



Hoe om te leef dat geld nie jou baas word nie.

Moet nie dat jy omgekoop word met geld om verkeerde dinge te doen nie.
As jy geld leen by ander maak seker jy betaal dit terug.

Soek altyd vir Winskope.
Moenie jou vir baie geld afsloof nie. Wees slim genoeg om te weet wanneer
jy genoeg het.

Pas dus die dinge wat jy het, baie goed op. Kyk mooi na jou eiendom.
'n Suinige en jaloerse mens sal alles doen om ryk te word. Op die ou einde het
hy nog steeds niks nie.

Geld is nie alles nie. As God jou bly en gelukkig maak, dink jy glad nie aan hoe
kort en swaar die lewe is nie.

As jy ander mense help moet nie 'n ophef daarvan maak nie. Geld moet nie jou baas
wees nie. Moet nie agter geld aan hardloop nie.

As jy baie geld het moet nie te veel van jouself dink nie. Moet nie jou lewe op geld
en rykdom bou nie, want dit hou nie baie lank nie. Jy kan nie altyd versekerd wees
oor jou geld nie.

Bou jou lewe eerder op God deur om Hom te vertrou. Hy sal sorg dat jy alles
kry wat jy nodig het om van te leef.

Moet nie dat geld alles in jou lewe word nie. Wees tevrede met wat jy het en moenie
heeltyd agter geld aanhardloop asof dit die belangrikste ding in jou lewe is nie.
God se belofte is die volgende:

Ek sal jou nooit alleen los nie en Ek sal jou nooit in die steek laat nie.

Die Liefde




Hoe belangrik is liefde vir jou?

Hoe belangrik is dit vir die Here dat jy liefde bewys aan ander?

Het jy die grootste geloof, maar jy het nie ander mense lief nie is jy nul op 'n kontrak vir die Here.

Om ander lief te he beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie,
 om altyd alle mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees.
 Sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel.
Om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees
 as hulle dinge het wat jy nie het nie.

Moet nie heeltyd oor jouself praat en spog nie. Om nie heeltyd te maak
asof jy soveel beter as ander mense is nie.
Moet nie ongeskik wees nie,gedra jou so dat ander om jou gemaklik is.

Word jy sommer vir niks kwaad nie, onthou jy elke klein dingetjie wat aan jou
gedoen is? 

Liefde het ook grense. Liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie.
Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het. Liefde glo altyd die beste van ander mense.
Liefde ken geen einde nie.

Friday 5 June 2020

Wees positief vandag




As jy voel dat jy alles verloor, onthou dan dat bome elke jaar hul blare verloor en dat hulle steeds hoog staan en wag vir beter dae om te kom.
 
Alles wat jy nodig het, is reeds binne-in jou.
Versprei liefde oral waar jy gaan, laat niemand ooit na jou toe kom sonder om gelukkiger weg te gaan nie.
 
Wanneer jy  twyfel oor hoe ver jy kan gaan, moet jy net onthou hoe ver jy gekom het, onthou alles wat jy deur gemaak het, al die gevegte wat jy gewen het en al die vrese wat jy oorkom het.
 
 
Jy hoef nie elke dag perfek te wees nie.  Jy kan slegte dae beleef.  Klein stappe is ook vooruitgang.
Om hulp te vra, is krag.  Mense waardeer jou.
 
Alles sal so goed wees, so gou moet jy net daar inbly en nie te veel daaroor bekommer nie.
 
Jy sal hierdie oorkom. Wees 'n lig vir die ander. Glo in jouself.
 
Jy is besig om te groei met dit wat jy nou deurmaak.  Geniet die proses.
 
Kyk na jouself as 'n kleur. Jy is miskien nie almal se gunsteling nie, maar jy sal eendag iemand ontmoet wat jou nodig het om die prentjie te voltooi.
 
 

Wednesday 3 June 2020

Ek luister




Ek lê alles voor U neer
Aan U kom toe al die eer
Kom maak my binneste weer staal
Here wys my U wil


Praat, Here praat met my ek luister
Sal U U woorde in my hart nou fluister
Here deel met my U plan en praat met my
Ek luister

'n Kruis sig my vlees
Vir nuwe in my gees
Herstel my hele lewe
By U is waar ek wil wees


U woord is die waarheid
U woord is die weg
U woord bring lewe
Dit hou my helle lewe reg

Monday 1 June 2020

Wat het ek meer nodig in my lewe?




Dit is nie besittings nie.  Dit is wel Geduld.

Geduld om altyd die regte ding te se op die regte tyd.  Meer te luister en nie gou om
te praat nie. Nie gou om te oordeel. Of die foute uit te wys nie.

Geduld met my Familie lede en medemens.  Ons is so gou om ons perdjies te spring
om onsself te verdedig. Ons is te gou om te staan vir wat reg is.

Geduld om nog 'n keer iets te herhaal sonder om jou stem te verhef.
Om te wag in 'n ry of as iemand stadig voor jou ry en jy is haastig.

Geduld is iets wat ons almal dalk nodig het.