Monday 22 June 2020

Kies om Gelukkig te wees




Lag vandag en roep uit van blydskap. Dit gaan goed met jou omdat jy die Here dien.

Om gelukkig te wees is om God se woord te geniet. Jy lees dit dag en nag sonder om moeg te word.

Met God aan jou kant kan niks slegs met jou gebeur nie. Hy sorg dat elkeen wat Hom dien in vrede leef.

Jy is gelukkig as jy iemand anders help in nood. As jy opreg en eerlik lewe en doen wat God van jou verwag.

Ek sal U Naam vrolik besing, want U gee my krag. Ek is bly terwyl ek U Naam grootmaak.

Ek is gelukkig wanneer ek in U teenwoordigheid leef. U gee vir ons soveel blydskap.

Ek is gelukkig want God sorg vir my.

No comments:

Post a Comment