Tuesday 23 June 2020

Waarvoor is jy dankbaar?



Dat ek altyd kan opstaan met die wete, dat God daar is.

Ek staan op met 'n lied in my hart en wil die Here loof en prys.

Ek is vol vreugde want die Heilige Gees leef in my. Ek beleef vrede in my hart.

God gebruik my net waar ek is, daar is 'n doel met jou lewe.  My een vriendin het op haar status: Blom waar jy geplant is. Dit is so waar. Daar waar jy is het God met jou 'n doel.

Sit 'n glimlag op jou gesig. Bou jou lewe op Jesus. Staan vas in wat jy glo.

Bewaar die vrede vandag en moet nie stress oor die klein dingetjies nie.

Ek is deel van God se koninkryk, daarom loop ek oor van dankbaarheid.

No comments:

Post a Comment